Results 1 to 10 of 10

Thread: Nuwe DVD -Gratis

  1. #1

    Nuwe DVD -Gratis

    Ek werk al ‘n geruime tyd aan ‘n nuwe DVD. Hierdie een is besonders in die sin dat dit een is wat jy op jou rekenaar installeer. Dit lyk net soos ‘n internet webblad en het dieselfde funksies. Jy het egter nie die internet nodig nie tensy jy eksterne skakels wil volg. Daar is altesame 65 video boodskappe in “Windows Media Player” formaat met lering oor die laaste dae, misleiding, bekering, die doop en vele meer. Volgens my kennis bestaan daar nie so ‘n produk op enige christelike winkel se rakke nie. Daar is ongeveer 48 ure se Woordgebaseerde video lering, nie net vir kinders van die Here nie, maar ook vir ongereddes wat nognie die belangrikste stap van hulle lewe geneem het nie, naamlik bekering. As u al op my webblad was, dan sal u ‘n voorsmakie van die formaat h. Al die boodskappe is van ons leraars, Pastoor Dries van As en Pastoor Roelof Grov, wat vir u die studie gebring het oor die okkultiese en onbybelse betekenis en oorsprong van die film, “The Passion of the Christ”. Die dvd wat ek in ons gemeente gemaak het is reeds wreldwyd bekend en het mense se o oop gemaak van wat REGTIG in die kerk besig is om te gebeur. As u ‘n wederkoms verwagting het dan is die DVD beslis vir u. As u nie weet hoe om ‘n geliefde na die Here te lei nie, dan sal u deur die DVD dit op ‘n Bybelse manier kan doen. Daar is BAIE nuwe titels wat u nog nooit gesien het nie rakende gebeure in die Midde Ooste, Israel en die wederkoms van Jesus Christus.

    Romeine 13:11
    “En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.”

    BESTELLINGS
    DVD is gratis. Moenie verder mislei word nie......die uur is reeds hier om uit die slaap wakker te word! Vertel u vriende en familie. Geen groter geskenk is daar as om die ewige lewe te berwe nie.

    Stuur e-pos met volledige besonderhede soos kontak nommer en posadres vir GRATIS dvd.

  2. #2

    Re: Nuwe DVD -Gratis

    Hi almal en besoekers aan die forum,

    Ek sien daar was tot op datum al 198 besoeke aan hierdie spesifieke draad, maar niemand het my nog gekontak vir die GRATIS DVD nie. Ouens......dit is GRATIS. Jy kan self besluit of die lering op die DVD vir jou aanvaarbaar is dan nie, maar komaan......moenie 'n draadsitter wees nie. Ek kan jou verwseker die lering op die DVD is meer leersaam as die meeste boeke buiten die Bybel wat jy by ENIGE Chritelike boekwinkel sal koop wat jou in elk geval 'n fortuin uit die sak jaag. Besoek gerus my blad vir nog inligting.

    Dit sal vir my 'n voorreg wees om vir jou een te pos.

  3. #3

    Re: Nuwe DVD -Gratis

    Ek kombineer nou 2 DVD's in een verpakking wat altwee gratis is. Die nuutste toevoeging is ons hele Openbaring reeks op video.



    Stuur my gerus 'n e-pos as jy belangstel met jou volledige naam en posadres. Jy kan hier gaan inloer om 'n voorsmakie te kry van die Openbaring reeks.

  4. #4

    Re: Nuwe DVD -Gratis

    As u ‘n wederkoms verwagting het dan is die DVD beslis vir u...
    Die stelling maak my alklaar skepties....

    As jy nie glo in n wederkoms nie, hoe kan jy in die bybel glo?

    1Th 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Nuwe DVD -Gratis

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post
    Die stelling maak my alklaar skepties....

    As jy nie glo in n wederkoms nie, hoe kan jy in die bybel glo?

    1Th 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
    Al wat Johnny s is dat "Hierdie 'n moet CD is om na te kyk"
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  6. #6

    Re: Nuwe DVD -Gratis

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post
    Die stelling maak my alklaar skepties....

    As jy nie glo in n wederkoms nie, hoe kan jy in die bybel glo?

    1Th 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
    Die meeste gelowe in die wereld glo in 'n "wederkoms"....so verwag Islam ook hulle Imam! Hulle glo nie in die Bybel nie. Hammerhead, hierdie is nie 'n besprekingsdraad nie, maar inligting. As jy die DVD's wil beklom, kontak my.

  7. #7

    Re: Nuwe DVD -Gratis

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Al wat Johnny s is dat "Hierdie 'n moet CD is om na te kyk"
    No need to say anymore!

  8. #8
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Nuwe DVD -Gratis

    Ek het nog nooit my cd ontvang nie
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  9. #9

    Re: Nuwe DVD -Gratis

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Ek het nog nooit my cd ontvang nie
    Genuine! Ek is verskriklik jammer. Ek kan nie onthou of ek dit gepos het of nie. Gee my ASSEBLIEF jou posaders Ta-An. Ek doen dit nog die week. Belowe!

  10. #10

    Re: Nuwe DVD -Gratis

    Hi. Waar kan ek ook hierdie CD's bekom? 'n Mens is nooit te oud/jonk om te leer nie, solank dit net nie 'n klomp snert is nie. Ek het al te veel van ander se DVD's gratis ontvang wat nie volgens die Woord is nie. Ek wil nou nie denominasies hier noem nie want ek mag dalk in die moeilikheid beland.

    Hoor graag van jou. As jy my persoonlike e-pos wil h laat weet my.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Aan Almal - 'n Gratis Bybel
    By CFJ in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 20
    Last Post: Mar 25th 2015, 06:27 AM
  2. Gratis DVD's
    By Johnny in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 0
    Last Post: Apr 21st 2010, 01:46 PM
  3. Inligting Selfoon Bybel: GRATIS!
    By Son of the South in forum Alles en nog wat
    Replies: 1
    Last Post: Jan 10th 2010, 08:47 AM
  4. Bespreking Nuwe era, watse nuwe era?
    By Son of the South in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 15
    Last Post: Jul 1st 2009, 03:29 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •