Results 1 to 10 of 10

Thread: Lewensmoeg ....

  1. #1
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap, South Africa
    Posts
    1,286
    Blog Entries
    1

    Exclamation Lewensmoeg ....

    Liewe Liggies.... julle raad nodig ......

    Hoe help mens iemand wat so lewensmoeg is dat sy oortuig geraak het sy is seker maar nie uitverkies nie en net sowel 'n einde aan alles kan maak ........

    Die vroutjie is getroud met 'n man wat oppervlaakig heel OK lyk ( rook nie, drink nie, quote Bybelversies ens ) maar 'n verskriklike negatiewe lewensuitkyk het tot die mate dat hulle geen vriende het nie, nie kerk toe gaan nie en minimale kontak met familie het....... Sy sal nie skei nie ( het al probeer ) maar glo dis sonde .......... hulle het hul enigste kind verloor ........

    Pienkboeke versies help nie hier nie ......

    shalom
    m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

  2. #2
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Lewensmoeg ....

    mariki, bid en vas en bid en vas en bid en vas.................. na 20 jaar kry mens 'vloer-vryf knieŽ' maar ons loop nou alweer 10 jaar onder dieseflde juk. Die Here se tyd issi ons s'n nie.

    Daar is 'n verskil om tot God vir iemand te bid, en om iemand aan te kla voor God.


    Daar is 'n boek "Ruite Vrou" op die mark, laat sy dit lees...


    Een van my vriendinne in so 'n situasie het gesÍ.... Miskien was dit die doel vir my lewe, om my man skoon te bid.... en sy pluk vandag ook die vrugte van haar getrouheid voor die Here.


    Terwyl mens in die situasie is, voel dit soos hel, maar wat is dit teen 'n ewigheid saam met die Here...
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  3. #3
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,631

    Re: Lewensmoeg ....

    Quote Originally Posted by mari View Post
    Liewe Liggies.... julle raad nodig ......

    Hoe help mens iemand wat so lewensmoeg is dat sy oortuig geraak het sy is seker maar nie uitverkies nie en net sowel 'n einde aan alles kan maak ........

    Die vroutjie is getroud met 'n man wat oppervlaakig heel OK lyk ( rook nie, drink nie, quote Bybelversies ens ) maar 'n verskriklike negatiewe lewensuitkyk het tot die mate dat hulle geen vriende het nie, nie kerk toe gaan nie en minimale kontak met familie het....... Sy sal nie skei nie ( het al probeer ) maar glo dis sonde .......... hulle het hul enigste kind verloor ........

    Pienkboeke versies help nie hier nie ......

    shalom
    m
    Mari,

    Iets waarvan ek baie hou, alhoewel ek myself nie so sal verkoop nie, is om berading te doen en dit is vir my werklik lekker net om na iemand te luister en leidende vrae te vra en op hierdie manier antwoord die persoon eintlik hom-/haarself. Ek het baie min nog geweet wat presies ek vir iemand wou sÍ, voor ek met hulle kan gesels en al het mens al vooraf geweet wat soms iemand se probleem is en mens tog 'n prentjie van die gesprek in jou kop vorm, het dit nog nooit so gerealiseer nie. Dit is hoekom ek myself nie as berader sal verkoop nie, want ek het nie 'n 100-punt 'check list' om deur te werk nie, ek doen maar soos ek gelei word en sovÍr dit vir my moontlik is, maak ek net op die leiding van die Heilige Gees staat om iemand te beraad.

    Al hoekom ek dit bly doen, is omdat dit al gewerk het (daar was al kere wat mens regtig nie weet hoe suksesvol dit was nie en selfs onsuksesvol dit was nie). Tog is dit nie my werk om sukses te behaal nie, maar om werklik belang te stel in iemand se nood. Die passie waarmee mens so iemand help, is eintlik maar waaroor dit gaan, jy moet bloot jou hart met die ander een se hart deel. Hoekom skryf ek nou al hierdie dinge?

    Ek dink dit is omdat jyself kan help en miskien het jy al. Iets wat ek al met sulke situasies geleer het, is dat wanneer die Here naby enige mens kom, geen mens kan standhou voor Sy heiligheid nie en dan kry ons seer, voel ons stukkend en tref die ellende van die lewe ons. Dit lyk op die oogaf vernietigend, maar God se loutering (wanneer Hy naby ons kom), kan net goed wees vir mens, wanneer jy skoon gebrand en gevorm word tot dit wat Hy wil hÍ ons moet wees. Dit is eintlik 'n voorreg as Hy so naby mens kom en vir myself is dit 'n teken van om uitverkies te wees. Om uitverkies te wees is veel meer as net redding, dit is ook om spesiaal te wees en as God soveel van mens dink, om naby ons te kom, dan moet mens die effek kan probeer verstaan van 'n heilige God wat absoluut niks onheiligs in Sy teenwoordigheid kan verdra nie. As Hy 'n afstand handhaaf met die mens, dink die mens dit gaan goed, want geen loutering (God wat naby kom) is op jou lewenspad nie, maar eintlik gaan dit juis sleg, want wie wil nou hÍ God moet vÍr van hulle wees? Daar is ongelukkig 'n prys wat mens betaal as God naby kom en dit sal ALTYD gepaard gaan met loutering en lyding, want as Hy naby kom, is dit om ons los te skeur van hierdie wÍreld en dit is ALTYD seer, soos in ALTYD. Dit is waarskynlik presies wat in hierdie vroutjie se lewe aan die gang is, God het naby haar gekom en sy verstaan dit net nie. As mens dit net op die regte manier aan haar kan verduidelik, sal sy eerder geseŽnd voel as vervloek voel. Loutering en straf het ongelukkig dieselfde gevolge, want God kan iemand laat bankrot speel, weens loutering, weens straf of weens 'n kombinasie van die twee en as mens nie 'n onderskeid kan tref nie, sal die waarheid rondom 'n liefdevolle God en Vader wat maar net naby ons wil kom en ons weens Sy buitengewone heiligheid nie kan standhou wanneer Hy naby kom nie, Hom veroordeel en onsself verguis en dit omdat ons nie verstaan hoe God is en hoe Hy werk nie.

    My donkerste tye is vreemd genoeg die tye wat ek die meeste na verlang, want ek besef genadiglik vandag hoekom dit so donker gelyk het, my Vader in die hemel was naby my en dit is iets toe ek dit verstaan het, wat mens vir absoluut niks anders verruil nie. Oor hierdie rede alleen het hierdie gedeeltes vir my baie betekenis, juis omdat dit prakties is!

    Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
    (2Kor 12:10 AOV)

    Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
    (Jak 1:2-4 AOV)

    Daarin verheug julle jul, al word julle nouóas dit nodig isóín kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;
    (1Pet 1:6-7 AOV)
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  4. #4
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Lewensmoeg ....

    Mari, om te bid en te vas soos Ta-An gese het is verseker n wonderlike beginpunt wat end uit volgehoue moet word. Maar op n stadium sal die vroutjie (en hopelik haar man ook later!) moet begin gesels oor hulle situasie. Dit klink of hierdie praat oor BAIE onopgeloste en onuitgeprate situasies moet gaan. Want n enigste kind se dood het die potensiaal om n huwelik te verpletter. Haar man het hierdie berading/gesels net so nodig soos sy. Want as hierdie dinge nie uitgepraat word nie, word jou 'rivier' stagnant.
    Ferdie , jou perspektief is kosbaar! Die Here laat hierdie situasies toe. Nie sommer maar per ongeluk nie. Daardie 'per ongeluk' woorde bestaan nie in die Here se woordeskat nie. Maar dit klink of hierdie man en vrou nog nie gaan soek het na 'ore' om te kan praat nie. En in die Here se teenwoordigheid loop my trane ..... Nie van hartseer nie, maar uit oodmoed om in hierdie Teenwoordigheid van die Heilige God te staan . En dan is woorde baiekeer ook nie ter sake nie. Die Heilige Gees neem dan oor.
    Mariki, jy besef jy het werk, ne...? Die Here vra nie n graad in berading nie , maar net bereidwilligheid van jou kant af. Want as die mense nie vriende het of kerk toe gaan waar hulle met mense in aanraking kom nie, wat is die alternatief?
    Sterkte!
    Protea

  5. #5
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614

    Re: Lewensmoeg ....

    Mari

    weet jy, dit is die hoofrede waarom ek persoonlik erg gekant is teen die sogenaamde "uitverkiesingsleer". Nie dat ek dit ontken nie, maar ek voel dat dit iets is wat in God se hande gelaat moet word. Ons as mense sal dit nooit verstaan nie, en ek dink ook nie ons is bedoel om dit in hierdie lewe volledig te verstaan nie, anders sou dit in die Skrif vir ons uitgespel gewees het. Ek dink mense blaas hierdie ding te groot op.... Die "bottom line" is immers dat die Bybel leer dat ELKEEN wat in Jesus glo, gered SAL word. Dit is wat belangrik is vir ons om te weet, nie hoe en waarom God sekere mense verkies en waarom nie. Dit verwar net mense wat nie sterk in die geloof is nie, want die vyand gebruik sulke "issues" om 'n wig tussen ons en God te probeer indryf... Wat ek probeer sÍ, is dat hierdie vrou moet vergeet van die uitverkiesing, en moet verstaan dat as Sy Jesus Christus as Heiland en Verlosser in haar lewe aanneem, haar lewe in totaliteit aan Hom oorgee, dan IS sy uitverkies en klaar! Die Bybel is vol tekste wat dit bevestig.

    Maar sy sal ook moet verstaan (soos CFJ ook pragtig verduidelik het), dat seerkry en swaarkry in hierdie lewe geensins gewaarborg is vir Sy volgelinge nie - inteendeel! Die Bybel beloof nÍrens dat ons voorspoed en geluk sal beleef op aarde as ons besluit om Hom te volg nie, maar wel dat ons Sy vrede sal ervaar (Fil 4:7). Hierdie vrede is egter nie vrede soos die wÍreld vrede ken nie (Joh 14:26), maar 'n innerlike vrede wat nie gebou is op aardse voorspoed nie. Dieselfde vrede wat Job ervaar het toe hy alles wat hy besit het, (ook al sy kinders) op een dag verloor het, en in sy smart nog steeds kon uitroep: "Die Here het gegee, en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here!" Aardse voorspoed het niks te doen het met ‘n mens se besluit om Christus Koning in jou lewe te maak nie. Maar hierdie is 'n moeilike ding. Dis duidelik dat hierdie vrou baie seer het, en dit bly bitter moeilik om te verwerk. Dis maklik om raad te gee as jy op die kantlyn staan, maar wanneer jy in daardie situasie is, wanneer jou wÍreld om jou in duie stort, dan is dit 'n heel ander storie. Dis gewis nie maklik om dan aan die Here en aan Sy beloftes vas te hou nie. Maar weet jy, daar is nie ‘n alternatief nie. Die Here is die enigste ware Anker vir enige lewensmoŽ mens om aan vas te hou. Hy beloof dat alles ten goede SAL meewerk vir diegene wat Hom liefhet (Rom 8:28).

    In gevalle waar ek berading met so persoon doen, is die heel eerste en belangrikste ding om seker te maak waar daardie persoon geestelik staan. As haar saak met die Here nie 100% reg is nie, as Hy nie die werklik Koning in haar lewe is nie, sal sy nooit in staat wees om hierdie beginsel waarlik te begryp nie, want dit is 'n beginsel wat nie sin maak vanuit 'n wÍreldse oogpunt nie.(1 Kor 1:25) Die belangrikste is dus om haar by die Here uit te bring, en as dit in plek is, dan kan sy vanuit daardie posisie gehelp word... buite Jesus is daar werklik geen hulp vir so persoon nie. Maar ek moet byvoeg, liefde, aanvaarding en ondersteuning is iets wat hierdie vrou bitter nodig het. Ongeag wat haar verhouding met die Here is, moet sy nie alleen gelaat word nie. Sy moet nooit voel of ervaar dat die raad wat sy ontvang, van 'n "buitestaander" kom nie, maar van 'n persoon wat werklik omgee, en uiteindelik, van Christus self. As 'n mens so persoon wil help, is kwalifikasies en kennis sekonder, maar die liefde van Christus is absoluut noodsaaklik! Slegs as sy Christus se liefde prakties ervaar, kan dit gewig dra en uiteindelik die pendulum swaai...

    As jy haar wil bystaan, is dit egter ook absoluut noodsaaklik dat jy jou deur die Gees moet laat lei wanneer jy met haar praat. Jy sal moet seker maak dat jy jou krag en wysheid by die Here kry. CFJ is reg, geen vooropgestelde reels of beradingsmetodes gaan die deurslag gee nie, slegs as iemand wat bereid is om as instrument in God se hand met haar te werk, kan uiteindelik ‘n verskil maak. Dit beteken dat jy self baie tyd op jou kniee sal moet deurbring.

    Net ‘n laaste gedagte, egskeiding is NOOIT ‘n opsie nie! Ek sou graag wou sien dat hierdie vrou se man ook hulp ontvang. As dit enigsins moontlik is, moet hulle probeer om saam by ‘n Christelike berader uit te kom. Maar ek vermoed dat hulle dit nie op hierdie stadium sal oorweeg nie. Dis egter belangrik dat hierdie man ook iemand moet hÍ wat bereid is om ‘n pad met hom te stap, en die liefde van die Here teenoor hom uit te leef. Onthou dat hy ook baie seer het, en getraumatiseer is. Hy moet nie voel dat hy veroordeel word, of selfs net geignoreer word nie.

    Sterkte!

  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Lewensmoeg ....

    Quote Originally Posted by Gene View Post
    .....Ek sou graag wou sien dat hierdie vrou se man ook hulp ontvang.
    Ek stem saam Gene.... want dit is mense wat seer het wat so optree... en God se heel-maak is vir ons almal beskore
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  7. #7
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,631

    Re: Lewensmoeg ....

    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Mari

    weet jy, dit is die hoofrede waarom ek persoonlik erg gekant is teen die sogenaamde "uitverkiesingsleer". Nie dat ek dit ontken nie, maar ek voel dat dit iets is wat in God se hande gelaat moet word. Ons as mense sal dit nooit verstaan nie, en ek dink ook nie ons is bedoel om dit in hierdie lewe volledig te verstaan nie, anders sou dit in die Skrif vir ons uitgespel gewees het. Ek dink mense blaas hierdie ding te groot op.... Die "bottom line" is immers dat die Bybel leer dat ELKEEN wat in Jesus glo, gered SAL word. Dit is wat belangrik is vir ons om te weet, nie hoe en waarom God sekere mense verkies en waarom nie. Dit verwar net mense wat nie sterk in die geloof is nie, want die vyand gebruik sulke "issues" om 'n wig tussen ons en God te probeer indryf... Wat ek probeer sÍ, is dat hierdie vrou moet vergeet van die uitverkiesing, en moet verstaan dat as Sy Jesus Christus as Heiland en Verlosser in haar lewe aanneem, haar lewe in totaliteit aan Hom oorgee, dan IS sy uitverkies en klaar! Die Bybel is vol tekste wat dit bevestig.
    Ek kan bepaald met hierdie siening saamstem Gene, veral as dit ongelowige mense is, want 'n ongelowige en selfs ook gelowiges, verstaan nie altyd God se beheer nie. Spurgeon het byvoorbeeld gesÍ dat toe hy 'n keuse vir God gemaak het, hy aanvanklik gedink het dit was sy keuse, tot hy op God se soewereiniteit gelet het, Sy beheer raak gesien het en besef het, dit was toe nooit hy wat so goeie keuse gemaak het, maar God wat in hom gewerk het. Alle eer kom God alleen toe en nie my eie keuses nie. Iemand wat swaar kry, fokus om vele hartseer redes net op hulleself en sien niks anders raak as die arme 'ek' nie. So iemand sien net sy eie keuses en dinge raak wat hulle self moet doen en verleer heeltemal om te wag op God se tyd, want God bly in beheer en ons kan nie met ons keuses, God lei in wat Hy alleen weet wanneer en waar en hoe om te doen nie. Dit is hoekom ekself weer gekant is teen vry wil, want vry wil sien nie altyd hoe God werk nie, maar let op hoe ek moet werk en as ek faal, dan is dit sommer God wat die skuld kry daarvoor. God is en bly ons Leidsman, ons kan nooit Sy leidsman wees nie. In wese is ek nie 100% teen vry wil nie, want ek glo dit het 'n plek as iemand nie God se beheer verstaan nie en daarom maak dit sin, tot tyd en wyl mens al meer tot die besef kom dat die liewe Heer ten volle in beheer is en juis oor hierdie beheer, hoef ons nie bekommerd te wees nie, want Sy liefde vir ons bewys Hy op so groot skaal, dat niemand Sy beheer hoef te bevraagteken nie. Tog bevraagteken die mens alles, maar as mense net gewys kan word, dat God se beheer in hulle lewens 'n werklikheid is, sal hulle nie meer op die self fokus nie, maar op God wat werk en dit is al wat nodig is om vrede te hÍ, God wat werk en wat omsien na alles wat ek nodig het. Wanneer ek seer kry en sukkel en beproef word, is dit ook Hy wat werk en ek verwys graag weer na my plasing (#3) hierbo, waar ek hoop dit reg verduidelik is soos ek dit self verstaan.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  8. #8
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614

    Re: Lewensmoeg ....

    CFJ, dis nogal 'n mondvol... Ek kan nie regtig met jou verskil nie, maar ek sal net graag wil seker maak dat ek jou reg verstaan oor een aspek - diŤ van God se beheer. Ek wil nie dat hierdie draad ontaard in nog 'n "vrye wil" draad nie... maar ek wonder tog hoe jy God se beheer presies verstaan. Sou jy sÍ dat swaarkry en seerkry wat ons almal van tyd tot tyd teister, deur God self geinisieer word, dat Hy dit doelbewus op 'n mens se pad bring om jou te vorm? Persoonlik dink ek nie dat die negatiewe dinge wat met ons gebeur, regtig God se wil is nie, maar dat Hy dit slegs toelaat (binne perke, natuurlik). Lees maar net die verhaal van Job. Die satan word die "owerste van die wÍreld" genoem (Joh 12:30). Hy is die een wat op hierdie stadium nog die wÍreld "regeer", en nie God nie. (tensy jy natuurlik glo dat ons tans reeds die 1000 jarige vrederyk beleef) Hy (satan) is die een wat verantwoordelik is vir die sonde en die seerkry in hierdie wÍreld, nie God nie. Maar God is uiteindelik ten volle in beheer, en die satan ken net so ver gaan as wat God hom toelaat. Die keuses wat die mens maak, is keuses wat God toelaat, en God beinvloed ook ons keuses (Joh 6:44) maar 'n mens is tog nie net 'n marionet in God se hand nie. Maar as ek jou reg verstaan, dink ek ons stem saam hieroor?

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    My donkerste tye is vreemd genoeg die tye wat ek die meeste na verlang, want ek besef genadiglik vandag hoekom dit so donker gelyk het, my Vader in die hemel was naby my en dit is iets toe ek dit verstaan het, wat mens vir absoluut niks anders verruil nie.[/INDENT][/I]
    Hieroor kan ek maar net saamstem. Iemand het onlangs vir my gesÍ die Here "cuddle" haar in 'n tyd van swaarkry, om te kompenseer vir die seer. En ek kan dit bevestig. Dit klink vreemd, maar as ek terugdink aan my swaarste tye, dan is dit juis daardie liefde en nabyheid van die Here wat uitstaan, en waarna ek terugverlang.... Maar meeste van die tyd besef 'n mens dit ongelukkig eers agterna. Laat my dink aan die bekende liedjie oor die voetspore in die sand - in die moeilikste tye was daar net een ry spore, omdat die Here jou daardeur gedra het. (Maar 'n mens moet natuurlik in 'n verhouding met Hom staan om dit te ervaar)

  9. #9
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Lewensmoeg ....

    Gene,,,,, Die verhaal van die Silwersmidt ....Maleagi3:3 [ En Hy sal sit: 'n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid 'n offer sal bring.

    Ek glo dat God ons soms bietjie laat sweet sodat ons weer Sy Lig helderder kan laat deurskyn.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  10. #10
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,631

    Re: Lewensmoeg ....

    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Ek kan nie regtig met jou verskil nie, maar ek sal net graag wil seker maak dat ek jou reg verstaan oor een aspek - diŤ van God se beheer. Ek wil nie dat hierdie draad ontaard in nog 'n "vrye wil" draad nie... maar ek wonder tog hoe jy God se beheer presies verstaan. Sou jy sÍ dat swaarkry en seerkry wat ons almal van tyd tot tyd teister, deur God self geinisieer word, dat Hy dit doelbewus op 'n mens se pad bring om jou te vorm?
    Hi Gene,

    Ek dink dit is onvermydelik dat ons gaan swaarkry en seerkry, want daarsonder sou geen enkele een van ons 'n bruikbare instrument in God se hand kon word nie, maar ek glo dit is twee-ledig, want swaarkry en seerkry kan ook onnodig wees, wanneer mens ongehoorsaam is. Vir myself is daar 'n verskil tussen loutering en straf, tussen God se beheer en ons eiewilligheid. Dit is dus binne Sy wil, om ons te vorm tot heerlikheid. Wanneer Hy die klei knie en vervorm en bak in geweldige hitte, is dit nie om die klei te vernietig nie, maar om 'n meesterstuk daaruit te maak. Dan is daar seerkry wat ons eie toedoen is en dit is dan wat mens in satan se hand val en mens jouself vernietig, oor keuses wat nooit verby jou eie selfsug kon kyk nie.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •