Page 1 of 5 12345 LastLast
Results 1 to 15 of 71

Thread: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

  1. #1

    Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    Ek het 'n behoefde om 'n draad te begin waar mense met die grootste gemak vrae kan vra en hulle menings lig sonder dat dit voel of hulle op tone trap of van die doel van draad afbeweeg.

    Phil het 'n uitstekende draad begin genaamd Supra vs. Infra. Baie informatief en insiggewend, maar juis as gevolg van die natuur en ingewikkeldheid van die onderwerp is dit juis moeilik om op die trand van die draad te hou.

    Dit sal lekker wees as ons hier met 'n oop gemoed hier kan saamgesels, wees jouself, moet nie bang wees om bietjie wyer te beweeg as waaroor die gesprek handel nie, inteendeel, ek sal dit eintlik aanmoeddig, solank dit insigewend en opbouend is, met respek vir ander.

    Uit Phil se draad kom ek agter sonde is baie meer ingewikkeld en dinamies as wat ek gedink het.
    Daar word genoem dat God nie die outeur van sonde is nie, maar dat dit wel deur Hom toegelaat word.
    Daar word ook ges dat sonde\boosheid basies die afwesigheid van goedheid of ast ware Goddelikheid is. So kan ek dus die aanname maak dat waar sonde is, is God afwesig?
    Maar dan, waar los dit dan Jesus se optrede waar Hy tussen die heidene ronbeweeg het?

    Ek sal graag hiermee begin...

  2. #2

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    As mens kyk na die vraag wat ek hierbo gevra het, is dit dan nog korrek om te s dat God nog afwesig is waar sonde is?
    Eerstens sien ek Jesus juis as tussenganger tussen ons sondige natuur en ons Skepper se Heerlikheid. Jesus maak dit moontlik, dat, alhoewel ek deel is van hierdie wreld, ek in verhouding met God kan wees(terselftertuid is ek deel maar tog ook nie deel van hierdie wreld)

    En dan is daar ook die kwessie van die Heilige Gees, wat my attent maak op sondes en my oortuig om daarvan weg te beweeg, myself liewwer besig hou met die ewige waarheid.

    Dus, kan ek werklik s waar sonde/boosheid is, is die afwesigheid van goed, oftewel ons Skepper?

    En dan ook, as God totaal afwesig is waar boosheid is, hoe word boosheid beperk? Slegs goedheid, ons Skepper kan boosheid beperk...

  3. #3
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    RR

    Ek dink jy neem my gedagtes bietjie buite konteks hier, God bly immers alomteenwoordig, ons praat hier God wat toelaat juis deur (verskoon my beperkte woordeskat hier) terug te staan ast ware en iemand oor te gee aan dit wat hy graag wil doen, sonde voortbring, soos met Judas, dit beteken nie God kan nie die mate daarvan keer of sonde en boosheid beperk nie. Ook moet ons onderskei tussen die sonde van die wedergeborene en die sonde van die goddelose, die goddelose kan nie anders as sondig nie, hy is gebonde aan sy sondige natuur, die wedergeborene het immers 'n nuwe natuur ontvang en die Gees van God en daardie natuur sondig nie, wanneer daardie mens egter sondig het hy glo ek wel 'n keuse gehad, hy is nie meer 'n slaaf van die sonde om slaafs sonde te doen nie, hy is vrygekoop en dus as en wanneer hy sondig doen hy so vanuit 'n wete wat ware vryheid is, dit is wel 'n keuse.
    Maar genoeg van my eers in die verband, ek sal die draad dophou om te sien waar dit heen gaan en sien of dit moontlik sal wees vir my om betrokke te raak in gesprek hier.

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    RR
    Die vers:
    Mattheus 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. gee my baie moed.... Jesus s :"Kom" En as ek regeer en na Hom toe kom, en by Hom vrede vind..... en uitvind, wel, ek is nie uitverkies nie, dan was ek minstens gehoorsaam aan Hom... in die OT s die Woord :"Kies" (Joshua 24)Ek kies om Hom aan te neem as my Saligmaker en Verlosser..... as Hy s: "Jammer, Ek het jou nie gekies nie" dan het ek minstens Sy vrede en guns hier op aarde gesmaak
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  5. #5

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    Hi Phil, jammer as jy die idiee gekry het dat ek jou persoonlik bevraagteken. Dit is egter glad nie die geval nie. Ek het die "links" wat jy geplaas het gaan lees en ek dink wat my veral gely het na hierdie spesefiekke vraag kom juis uit die laaste een. Dit was egter nie die eerste keer dat ek gehoor het dat mense s "boosheid is die afwesigheid van goedheid" nie. Teoreties stem ek saam hiermee, maar as mens dit egter verder voer lyk die prentjie anders.

    Hierdie draad is nie begin met die doel om jou prsoonlik te ondermyn of bevraagteken nie, glad nie.

    Ek sal bitter graag daarvan hou as jy kan betrokke raak hier. Al rede hoekom ek hierdie draad begin het is sodat ek die vryheid het om vrae te vra sonder om gebind te voel, of skuldig te voel dat ek iemand anders se draad ondermyn. Daar is dalk ander wat dieselfde voel.

    Ek hou van wat jy ges het dat God immers Alomteenwoordig is. Om te s God is nie waar boosheid is nie, is om God se Alomteenwoordigheid direk te bevraagteken...

  6. #6

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    Dankie Ta-An,
    daardie een was drie keer lees werd gewees. Dit is 'n uitstekende houding om te h en is teken van dat mens jouself 100% oorgee aan God se wil en genade.
    Liefde om gehoorsaam te wees, al s Hy dalk "ek het jou nie gekies nie, my genade is jou nie beskore" nie...

  7. #7
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    6,036

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    Quote Originally Posted by RR van Wyk View Post

    Ek het 'n probleem met bogenoemde stelling. Die mens is van nature boos en het nie 'n behoefte om na God te gaan nie. As God jou roep en dit op jou hart l om na Hom te kom, dan kan jy weet Hy het Sy genade aan jou geskenk.

    As ons sou s dat ek na God wou gaan, maar Hy het my nie gekies nie, is vir my teen hoe God in die Bybel geopenbaar is as 'n God van liefde. Dit is hier waar die verse van God het die wreld so lief gehad en Hy wil almal red van toepassing is. Hy wil jou red. Die besluit is egter Syne. As jy dus bewus word van die roeping, neem dit aan liefde en weet dat God jou uitverkies het.

    Groete
    Kalahari

  8. #8

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    Dankie vir jou siening Kalahari.

    Dit is moeilik as ons sit met waarhede van alle kante af. Ek sien wat jy bedoel met hierdie. God het dit op my hart gel om hom te dien, dood reg. Maar steeds het ek die keuse, my vrye wil om dit te verwerp of te aanvaar, nie so nie?

    As ek na God wil gaan(my vrye keuse) maar Hy het my nie gekies nie, is dit Sy Almagtige Alwetende wil en het ek nie 'n voet om op te staan nie. Ek het steeds 'n vrye keuse gehad of ek God wil dien of nie.
    Maar ek glo in my hart God het die gekies wat Hom uit hulle harte volg, want Hy is genadig, Hy is lief vir jou en my. Die Bybel s die wat glo in Jesus Christus is gered. Deur geen dade, werke, of sondelose lewe nie, deur te glo in Jesus. Maar ek hoor wat jy s.

    Die besluit IS joune, jy het egter net 'n probleem as jou besluit bots met God s'n...

  9. #9

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    ... Die mens is van nature boos en het nie 'n behoefte om na God te gaan nie. As God jou roep en dit op jou hart l om na Hom te kom, dan kan jy weet Hy het Sy genade aan jou geskenk.
    Jy stel dit baie mooi Kalahari, soos ek dit verstaan gaan dit oor die stryd tussen vlees en gees : die twee is 100% onversoenbaar met mekaar, die mens is inherent en onvermydelik vleestelik, ons het dus God se Gees nodig om 'n behoefte aan Hom te h. Die eerste stap tot bekering is dan juis vanaf God wat Sy Gees stuur om in 'n mens se hart te werk, en nie die mens wat 'n behoefte aan God ontwikkel nie.

  10. #10

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    Quote Originally Posted by RR van Wyk View Post
    Uit Phil se draad kom ek agter sonde is baie meer ingewikkeld en dinamies as wat ek gedink het.
    Daar word genoem dat God nie die outeur van sonde is nie, maar dat dit wel deur Hom toegelaat word.
    Daar word ook ges dat sonde\boosheid basies die afwesigheid van goedheid of ast ware Goddelikheid is. So kan ek dus die aanname maak dat waar sonde is, is God afwesig?
    Maar dan, waar los dit dan Jesus se optrede waar Hy tussen die heidene ronbeweeg het?
    Ek dink wat die probleem so kompleks maak is dat daar meer as een definisie van sonde is. 'n Vraag soos " wat is sonde ? " het dus verseker meer as een regte antwoord !

  11. #11
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    6,036

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    Quote Originally Posted by RR van Wyk View Post
    Dankie vir jou siening Kalahari.

    Dit is moeilik as ons sit met waarhede van alle kante af. Ek sien wat jy bedoel met hierdie. God het dit op my hart gel om hom te dien, dood reg. Maar steeds het ek die keuse, my vrye wil om dit te verwerp of te aanvaar, nie so nie?

    As ek na God wil gaan(my vrye keuse) maar Hy het my nie gekies nie, is dit Sy Almagtige Alwetende wil en het ek nie 'n voet om op te staan nie. Ek het steeds 'n vrye keuse gehad of ek God wil dien of nie.
    Maar ek glo in my hart God het die gekies wat Hom uit hulle harte volg, want Hy is genadig, Hy is lief vir jou en my. Die Bybel s die wat glo in Jesus Christus is gered. Deur geen dade, werke, of sondelose lewe nie, deur te glo in Jesus. Maar ek hoor wat jy s.

    Die besluit IS joune, jy het egter net 'n probleem as jou besluit bots met God s'n...
    Dit is hier waar ons verskil. Ek glo nie jy het die keuse om God se genade te verwerp nie. Ek glo ook nie jy kan of het die behoefte om na God te gaan, as Hy dit nie op jou hart gel het nie. Die keuse is dus God s'n nie joune nie. My besluit kan nie bots met God s'n nie.

    Die feit dat ons verkeerde besluite maak en in sonde lewe, is ons keuse. Dit is die enigste keuse wat ons kan maak volgens ons sondige natuur. Indien God nie kom en jou kom verlig en jou natuur kom verander nie, kan jy nie 'n keuse vir Hom maak nie. Hy kom verlig ons dus en omrede Hy ons verlig skenk Hy aan ons Sy genade en wil Hy dit dat ons gered word.

    God kom kies jou, Hy roep jou en gee jou Sy genade om daarop te kan antwoord en te s "Hier is ek Here". Daardeur het jy jou keuse gemaak.

    Groete
    Kalahari

  12. #12
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Jy stel dit baie mooi Kalahari, soos ek dit verstaan gaan dit oor die stryd tussen vlees en gees : die twee is 100% onversoenbaar met mekaar, die mens is inherent en onvermydelik vleestelik, ons het dus God se Gees nodig om 'n behoefte aan Hom te h. Die eerste stap tot bekering is dan juis vanaf God wat Sy Gees stuur om in 'n mens se hart te werk, en nie die mens wat 'n behoefte aan God ontwikkel nie.
    Galate5:

    16 Maar ek s: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;

    17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

    18 Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.

    19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;

    20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;

    21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf s, soos ek al vroer ges het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal berwe nie.

    22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

    Nou dis nou hier waar die paw-paw die fan strike........ as ons in Christus is, dan moet die Gees oor die vlees heerskappy voer...... en wie van ons is daarmee 100% suksesvol??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  13. #13

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Dit is hier waar ons verskil. Ek glo nie jy het die keuse om God se genade te verwerp nie. Ek glo ook nie jy kan of het die behoefte om na God te gaan, as Hy dit nie op jou hart gel het nie. Die keuse is dus God s'n nie joune nie. My besluit kan nie bots met God s'n nie.

    Die feit dat ons verkeerde besluite maak en in sonde lewe, is ons keuse. Dit is die enigste keuse wat ons kan maak volgens ons sondige natuur. Indien God nie kom en jou kom verlig en jou natuur kom verander nie, kan jy nie 'n keuse vir Hom maak nie. Hy kom verlig ons dus en omrede Hy ons verlig skenk Hy aan ons Sy genade en wil Hy dit dat ons gered word.

    God kom kies jou, Hy roep jou en gee jou Sy genade om daarop te kan antwoord en te s "Hier is ek Here". Daardeur het jy jou keuse gemaak.

    Groete
    Kalahari
    Ek sal bietjie mooi moet gaan dink oor hierdie een wat jy my probeer s. Ek wil graag nie verskil met ander nie, dit is nie waaroor dit gaan nie maar meer om te leer van ander en standpunte in te sien. As ek dus vrae vra wat ander sien, moet dit nie dadelik sien dat ek nie saamstem maar dat ek probeer sin maak uit dit.

    Jy s my besluit kan nie bots met God s'n nie. Jonas se besluit het juis verskil van God s'n, toe beland hy in 'n vis.
    Ek wil jou nie oorreed nie, die feit dat jy glo in Jesus is goed genoeg vir my. Ek verduidelik maar net hoekom ek dit sien soos ek doen.

    My besluit kan verskil, dit is die vreiheid wat ek het in die verhouding met God. Die vraag is, wat is die nagevolg van my aksie waarop ek besluit op einde van die dag?

  14. #14

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    Goeie relevante vraag Ta-An, een om baie beslis te bestudeer...

  15. #15
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    6,036

    Re: Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade

    RR

    Net vir duidelikheid. (lyk my ek skryf nie so lekker as wat ek dink nie)

    As ek s my wil kan nie bots met God s'n nie, dan is dit tov my redding. Natuurlik sondig ons nog steeds op aarde, al is ons gered. Dit verander egter nie my status in Christus nie. My verkeerde besluite kan dus nie my status van gereddenheid benvloed nie. Dit kan ander gevolge h en het ook gevolge vir my, soos byvoorbeeld pyn, hartseer ens.

    Groete
    Kalahari

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Vrye wil
    By Henry in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 87
    Last Post: Jul 6th 2009, 11:56 AM
  2. Groot sonde, klein sonde of sommer net stoutigheid?
    By Henry in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 3
    Last Post: Jun 6th 2009, 08:19 PM
  3. Vrye wil
    By Lanie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 2
    Last Post: Apr 29th 2009, 11:43 AM
  4. Hoe vry is vrye wil?
    By Phil Fourie in forum Alles en nog wat
    Replies: 111
    Last Post: Mar 28th 2008, 02:52 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •