Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 25

Thread: Vrye Keuse

Hybrid View

  1. #1
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Vrye Keuse

    Het depressie jou al gery met 'n gebroke hart dat jy so verworpe voel..... want jy het dan aan God al jou harts begeertes bekend gemaak en nou het daar net niks van gekom nie , behalwe dat jy nou met 'n verharde hart sit

    So baie keer vind mens dat Pillipense 4:6-7 so heeltemal misbruik word om ons wil op God af te dwing
    So vele kere ruk ons hierdie versie onder vers 4 uit wat sÍ : "Verbly jou in die Here...."

    Is dit nie maar 'n mens se keuse om verkeerdelik te kies om met 'n verharde hart rond te loop nie en te sÍ :"Woe is me!! "

    In Hebreers 3 lees ons die vermaning om seker te maak dat ons harte nie verhard raak nie.... sodat ons God se rus kan betree.

    Verbly jou in die Here, en moet oor niks besorg raak nie, dan sal Sy vrede jou hart bewaar
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  2. #2

    Re: Vrye Keuse

    Ta-An,
    Om aan te sluit by jou titel : dink jy dus depressie is 'n vrye keuse..... of dat mens met 'n vrye keuse daarvan ontslae kan raak ?

  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Vrye Keuse

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ta-An,
    Om aan te sluit by jou titel : dink jy dus depressie is 'n vrye keuse.....
    Nee, ek dink dit is die negatiewe nagevolge van 'n gebroke hart, of verhouding synde dit geestelik of menslik
    .....of dat mens met 'n vrye keuse daarvan ontslae kan raak ?
    Ja,dat mens dalk kan verander deur jou veranderde "attitude"

    Alhoewel ek erken dat sekere soorte depressie veroorsaak kan word deur chemiese wanbalans van Vit en minerale in die liggaam.... bv. vrouens wat drie swangerskappe in drie jaar het kan in die kategorie val.

    Fila, miskien moet ek dit so stel.
    (Uit eie ondervinding)
    Wanneer ek vÍr weg van die Here loop, wanneer my stiltetyd skipbreuk ly (lei) dan ry depressie my bloots.
    Sodra ek weer ordentlik stiltetyd hou en my in die Here verbly, dan vat depressie die pad
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  4. #4

    Re: Vrye Keuse

    Ta-An, dit is hoe ek dit ook verstaan, maar ek het ook al wonderlike, dierbare Christen-mense teegekom wat maar net nie van die depressie-duiwel ontslae kan raak nie. Hoe gemaak met sulke gevalle ? Dink jy daar skort iets in hulle wandel met Christus ?

  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Vrye Keuse

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ta-An, dit is hoe ek dit ook verstaan, maar ek het ook al wonderlike, dierbare Christen-mense teegekom wat maar net nie van die depressie-duiwel ontslae kan raak nie. Hoe gemaak met sulke gevalle ? Dink jy daar skort iets in hulle wandel met Christus ?
    Fila ja, soos ek sÍ.... my ondervinding

    Hoe verlustig jy jou in die Here en bly loop met 'n gebroke hart
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  6. #6
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Re: Vrye Keuse

    Ek het 'n dame met ernstige depressie vir 'n paar jaar besoek, beraad en met alle positiewe evangeliese verse bemoedig en haar ingesteldheid probeer swaai. By tye het dit gelyk of dit wil werk, maar op die end is sy dood aan 'n oordosis pille. Dit was vir my 'n groot terugslag. Ek het haar begrawe en na die begrafnis eers kom een van haar broers met my praat oor diep familie geheime. Ek glo die boodskap op die begrafnis het ook die deur oopgemaak vir hom om te kom praat. Ek sal nou nie al die goed uitlap nie. Netnou erken iemand die mense. Ek was verstom. Het met al die berading en pogings om uit te vind wat die wortel van die probleem is, nooit daarby uitgekom nie. En eintlik was dit voor-die-hand-liggend. Dit was weereens die geval van 'n vrye keuse wat sy gemaak het - met bittere gevolge van depressie en onenigheid in die familie. Sy het nooit met my daaroor gepraat nie en altyd die rede gaan soek in ander rampe en tragedies wat haar so teister. Miskien het sy nie vir my gelieg nie. Miskien was die depressie van so 'n aard dat sy werklik geglo het dat daardie goed dit veroorsaak het ....

  7. #7
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Vrye Keuse

    David

    Weet jy, ek kyk nou juis na eerskomende Sondag se Skrifgedeeltes vir die preek.... Maleagi 3:1-4, Heb 2: 14-18, Lukas 2:22-40, Ps 84 en 24:7-10
    Wanneer die Israeliete 'n Pilgrims reis na die tempel gemaak het, het dit gegaan deur die Valley van Baca , Ps 84:7 DroŽ Laagte... Baca kan ook "trane" beteken. Wanneer mens dit simbolies sien as verwysend na 'n tydperk wanneer ons deur swaar tye gaan, moet ons seker maak dat ons die regte pad uit die valei/droŽ laagte uitkies, die pad wat lei na die tempel... Ps 84 sÍ so mooi:

    2 Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leŽrskare!
    3 My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.
    Hier is 'n lied wat ons in ons kerk sing :

    Wanneer ons "Tabenacle" met God (Afgesonder in Stiltetyd)... dan is dit soms soos wanneer die Smelter en Reiniger van silwer sal sit met ons lewens totdat Hy Sy beeld in ons kan sien,,,maar ons moet Hom toelaat om dit te doen... en ons moet die pad ken wat weer uit die valei uit lei...
    Dit is goed om deur die tranedal te gaan, want Hy het 'n bottel vir al ons trane

    David, soms bly ons vasgehaak sit in die droŽe valeie van ons lewens want ons hou nie vas aan die hoop van God se beloftes aan ons nie...

    Simeon het bly vashou aan die belofte van God dat hy die Verlosser sal sien voor hy doodgaan, en hy was al gevorderd in sy jare toe die Gees van God hom die Tempel laat binnegaan het om vir Jesus te sien toe Josef en Maria hom daar ingebering het.

    Ek dink (glo) dat wanneer mens met jou oor teen God se bors lewe, dat jy Sy stem duidelik soos 'n trompet sal hoor .
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  8. #8
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,634

    Re: Vrye Keuse

    Quote Originally Posted by David2 View Post
    Ek het 'n dame met ernstige depressie vir 'n paar jaar besoek, beraad en met alle positiewe evangeliese verse bemoedig en haar ingesteldheid probeer swaai. By tye het dit gelyk of dit wil werk, maar op die end is sy dood aan 'n oordosis pille. Dit was vir my 'n groot terugslag. Ek het haar begrawe en na die begrafnis eers kom een van haar broers met my praat oor diep familie geheime. Ek glo die boodskap op die begrafnis het ook die deur oopgemaak vir hom om te kom praat. Ek sal nou nie al die goed uitlap nie. Netnou erken iemand die mense. Ek was verstom. Het met al die berading en pogings om uit te vind wat die wortel van die probleem is, nooit daarby uitgekom nie. En eintlik was dit voor-die-hand-liggend. Dit was weereens die geval van 'n vrye keuse wat sy gemaak het - met bittere gevolge van depressie en onenigheid in die familie. Sy het nooit met my daaroor gepraat nie en altyd die rede gaan soek in ander rampe en tragedies wat haar so teister. Miskien het sy nie vir my gelieg nie. Miskien was die depressie van so 'n aard dat sy werklik geglo het dat daardie goed dit veroorsaak het ....
    Ek dink jy skryf hier iets wat kritiek is vir enige genesing in die geestesvlak David. Sonder eerlikheid kan niemand genesing vind nie, want net dit wat in die lig kom, kan genees word. Die son het ontsmettings-eienskappe wat net tot reg kom, as die plekke wat ontsmet moet word, in direkte sonlig kom en dit werk nie anders met die dinge wat in ons donkerkant skuil nie.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ

  9. #9
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,317
    Blog Entries
    7

    Re: Vrye Keuse

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ta-An,
    Om aan te sluit by jou titel : dink jy dus depressie is 'n vrye keuse..... of dat mens met 'n vrye keuse daarvan ontslae kan raak ?
    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Nee, ek dink dit is die negatiewe nagevolge van 'n gebroke hart, of verhouding synde dit geestelik of menslik
    Ja,dat mens dalk kan verander deur jou veranderde "attitude"

    Alhoewel ek erken dat sekere soorte depressie veroorsaak kan word deur chemiese wanbalans van Vit en minerale in die liggaam.... bv. vrouens wat drie swangerskappe in drie jaar het kan in die kategorie val.

    Fila, miskien moet ek dit so stel.
    (Uit eie ondervinding)
    Wanneer ek vÍr weg van die Here loop, wanneer my stiltetyd skipbreuk ly (lei) dan ry depressie my bloots.
    Sodra ek weer ordentlik stiltetyd hou en my in die Here verbly, dan vat depressie die pad
    Ek wou amper nie met julle saamstem nie. In my opinie kan 'n mens jou eie ongelukkigheid veroorsaak wat dan lei tot depressie, maar soos jy skryf Ta-An, daar is chemiese wanbalanse wat tot dit kan lei.

    Maar kom ons dink aan mense soos Job, of Elisa wat gevlug het in gaan skuil het om homself net te isoleer. Job, het hom in God verlustig, maar tragedie van die wÍreld het hom tot 'n punt van depressie gebring. 'n Mens weet wat jy weet, ons weet dat wat in die lewe gebeur nie God se skuld is nie, en ons kan Hom nie blameer daarvoor nie, maar dit beteken nie dat 'n mens nie die seer en swaarkry van die ondervindings voel nie. Die seer bly 'n werklikheid en ons moet soms 'n proses deurgaan om met rou, smarte en seer te deel. Eers daarna kan ons dinge anders sien, wanneer ons met die pynlike episode gedeel het en die smarte ons verlaat.

    Ons is net vlees, en as ons seer kry is ons eerste automatiese reaksie om ons harte te verhard en hoe meer jy seer kry hoe meer "reinforcement" is daar om ons harte hard te hou. Waarom, want ons is bang vir seerkry. Dit is maklik om te bid, te vra en self te bedoel as ons vra dat God ons en ander moet vergewe, maar agv ondervinding van seerkry in die lewe, kan daar dalk net iets simpel gebeur wat vir ons rooi ligte flits en onderbewustelik vir ons gevaar beteken en ons slaan dan bot toe.

    Die lewe leer ons lesse en elkeen het sy eie ondervinding van die lewe. Dit is hierdie onderviding wat maak dat ons soms optree op die manier wat ons doen. 'n Ondervinding kan nooit van ons weg gevat word nie, ons dra dit saam met ons vir die res van ons lewe en ons reageer daarop as ons weer met dieselfde ondervinding te doen kry.

    Is dit dan regtig dat ons ons harte verhard het? Of probeer ons net onsself beskerm. Ek weet ook God is ons "ultimate" beskermer, maar ons moet onthou ons is net vlees.
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  10. #10
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,317
    Blog Entries
    7

    Re: Vrye Keuse

    Net 'n vraag van belangstelling, miskien iets waaroor ek wil dink.

    Word kliniese depressie aan sonde toegeskryf?

    Waarom sien ons nie die brein as net nog 'n orgaan ni?e, want dit is eintlik al wat dit is. So wat dan is die verskil tussen kliniese depressie en hart versakking? Of word hart versakking, nier versakking, swak blaas, lewer of wat ookal ook aan sonde toegeskryf?

  11. #11
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Vrye Keuse

    MC, probleem is dat mens soms in the Valei van Beca vashaak en nie die pad deurvolg wat na die Teenwoordigheid van God lei nie.
    Daarom moet ons seker maak dat die pad wat ons loop, NA God toe lei, na Sy teenwoordigheid en ons nie verdwaal raak in die Valei van Beca nie.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  12. #12
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Vrye Keuse

    Quote Originally Posted by MercyChild View Post
    Net 'n vraag van belangstelling, miskien iets waaroor ek wil dink.

    Word kliniese depressie aan sonde toegeskryf?

    Waarom sien ons nie die brein as net nog 'n orgaan ni?e, want dit is eintlik al wat dit is. So wat dan is die verskil tussen kliniese depressie en hart versakking? Of word hart versakking, nier versakking, swak blaas, lewer of wat ookal ook aan sonde toegeskryf?

    Wat is jou definisie van : Kliniese depressie?
    Wat is jou definisie van : Sonde?

    Ons is nie net vlees nie
    Mens is siel met 'n gees wat in 'n liggaam van vlees bly.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  13. #13
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,634

    Re: Vrye Keuse

    Quote Originally Posted by MercyChild View Post
    Net 'n vraag van belangstelling, miskien iets waaroor ek wil dink.

    Word kliniese depressie aan sonde toegeskryf?

    Waarom sien ons nie die brein as net nog 'n orgaan ni?e, want dit is eintlik al wat dit is. So wat dan is die verskil tussen kliniese depressie en hart versakking? Of word hart versakking, nier versakking, swak blaas, lewer of wat ookal ook aan sonde toegeskryf?
    Hi MC,

    Jy skryf ook in die plasing net hierbo (plasing # 8) en ek haal sommer aan wat jy geskryf het...

    Quote Originally Posted by MercyChild View Post
    In my opinie kan 'n mens jou eie ongelukkigheid veroorsaak wat dan lei tot depressie, maar soos jy skryf Ta-An, daar is chemiese wanbalanse wat tot dit kan lei.
    Die vraag wat mens net mooi oor moet dink oor kliniese depressie, wat aan mediese toestande gekoppel word, is hoe word dit getoets? As jy byvoorbeeld suikersiekte het, dan kan dit wetenskaplik bewys word, maar mens hoor kwalik dat enige mens wetenskaplik getoets word om die chemiese wanbelans in kliniese depressie of dan nou in 'n psigiatriese toestand, uit te wys.

    Hierdie chemiese wanbelans kan mens aanvaar bestaan, maar hoe ontstaan dit, is iets wat mens moet na kyk? Ons liggame reageer deur chemiese afskeidings op verskeie maniere, soos wanneer ons skrik of baie angstig is, skei ons liggaam adrenalien af. Wanneer veral tieners bewus word van hul seksualiteit word hormone afgeskei en dit lei vele kere na dinge wat 'n letsel kan laat, as hulle nie volgens God se Woord met hul onbeheersde begeertes omgaan nie. Hierdie is nie 'n maklike saak vir leke nie, want die 'slim' mense beheer met hul kennis dinge wat soms toegesluit is vir die gewone mens. Tog is daar al meer en meer 'n beweging onder spesifiek psigiaters, wat in opstand kom teen psigiatrie, omdat dit eintlik maar op 'n veld of terrein beweeg waar die mens nie werklik 'n greep op het nie.

    Daar is net een enkele rede hoekom ons wÍreld stukkend en gebroke is, net een... en dit is weens die sondeval. Sonde maak stukkend en veral psigiatrie beweeg hier op 'n terrein, waar verklarings aan elke moontlike toestand gekoppel word, wat in kort daarop neerkom dat die mens 'n verskoning het vir sekere gedragspatrone, want dit is weens 'n mediese toestand wat gerugsteun word deur die wetenskap van psigiatrie. Of psigiatrie 'n wetenskap is, is iets wat al makliker raak om te ontbloot, want dit word nie wetenskaplik bepaal wat die presiese chemiese wanbalans mag of kan wees nie. As iemand onordelik eet, sÍ die Bybel is so een skuldig aan brassery en tog word daar nou beweer dat vetsug 'n spesifieke geen is en mens moet dit wetenskaplik benader. So is daar ook al beweer dat iemand wat moor, 'n geen is wat dit veroorsaak en mens kan dan inderwaarheid weens hierdie geen, versagting vir so een se dade aanvoer. Die 'gay' geen is nog so argument en dit het nie hierby gestop nie.

    Psigiatrie gaan aan die einde van die dag, poog om elke moontlik ding wat mense verkeerd doen, aan een of ander wetenskaplike mediese toestand weens een of ander chemiese wanbalans te koppel en mens moet baie versigtig raak om psigiatrie te verhef, bo die gesag van die Bybel.

    Die Bybel is geskryf deur die Outeur wat elke sielkundige aspek in die fynste detail beheer en ken. Die antwoord vir al ons probleme, is in een bondige werk saamgevat en elke liewe mens kan gered word, kan vrede ervaar en kan rus vir sy of haar siel vind. Dat psigiatrie en ook sielkunde bepaalde suksesse teweeg kan bring is verseker so, maar enige eerlike psigiater sal erken, dat dit meesal net simptome dokter en dat die oorsprong nie gedokter kan word nie. Die oorsprong is sonde en daar is een enkele Dokter vir sonde. Dit is iets wat mens egter moet glo, dis al en dit is so eenvoudig.

    Die antwoord van ons probleme is eenvoudig en kan in oomblikke verdwyn, maar ongelukkig het die mens dit kompleks en ingewikkeld gemaak en dan raak gewone mense baie dom. Tog is die lewe 'n plek wat almal dieselfde rus en vrede bied en geen groter verstand of verhewe kennis of enige iets aan die mens toegedig, kan ons werklik bevredig nie. Dit lÍ by die Here alleen en geloof is die antwoord.

    Wat mens egter moet erken, is dat psigiatrie tog antwoorde kan bied, maar dit is en bly tydelike antwoorde en meer permanente antwoorde lÍ op 'n hoŽr vlak, veel hoŽr. Dit is God se kinders se domein en ons het mag ontvang, om kinders van God genoem te kan word (Joh 1:12).
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ

  14. #14
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10

    Re: Vrye Keuse

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Wat mens egter moet erken, is dat psigiatrie tog antwoorde kan bied, maar dit is en bly tydelike antwoorde en meer permanente antwoorde lÍ op 'n hoŽr vlak, veel hoŽr. Dit is God se kinders se domein en ons het mag ontvang, om kinders van God genoem te kan word (Joh 1:12).
    Amen
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  15. #15
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,317
    Blog Entries
    7

    Re: Vrye Keuse

    Wow, ek het gaan oplees oor kliniese depressie, ek het nie geweet wat ek sopas gelees het nie. Daar is nie toetse wat wetenskaplik kan bepaal dat daar wel 'n chemiese wanbalans is nie.

    Alhoewel, in my geval kan daar 'n afleiding gemaak word dat die dopamien vlakke nie behoorlik werk nie, omdat ek met chemiese middels deurmekaar was. Geen ander bewyse word gestaaf nie.

    Maw, dit blyk tog of alles neerkom op besluite wat ons gemaak het en wat ons kies of gekies het nou, of in die verlede, wel die rede agter alles is waarom 'n mens met depressie sukkel?

    Interessante ontdekking!
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Oop gesprek: Sonde, vrye wil, God se genade
    By RR van Wyk in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 70
    Last Post: Oct 20th 2010, 06:40 AM
  2. Vrye wil
    By Henry in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 87
    Last Post: Jul 6th 2009, 11:56 AM
  3. Vrye wil
    By Lanie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 2
    Last Post: Apr 29th 2009, 11:43 AM
  4. Hoe vry is vrye wil?
    By Phil Fourie in forum Alles en nog wat
    Replies: 111
    Last Post: Mar 28th 2008, 02:52 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •