Het depressie jou al gery met 'n gebroke hart dat jy so verworpe voel..... want jy het dan aan God al jou harts begeertes bekend gemaak en nou het daar net niks van gekom nie , behalwe dat jy nou met 'n verharde hart sit

So baie keer vind mens dat Pillipense 4:6-7 so heeltemal misbruik word om ons wil op God af te dwing
So vele kere ruk ons hierdie versie onder vers 4 uit wat sÍ : "Verbly jou in die Here...."

Is dit nie maar 'n mens se keuse om verkeerdelik te kies om met 'n verharde hart rond te loop nie en te sÍ :"Woe is me!! "

In Hebreers 3 lees ons die vermaning om seker te maak dat ons harte nie verhard raak nie.... sodat ons God se rus kan betree.


Verbly jou in die Here, en moet oor niks besorg raak nie, dan sal Sy vrede jou hart bewaar