Results 1 to 8 of 8

Thread: Die boek van Openbaring

  1. #1
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Steynsburg, Eastern Cape
    Posts
    373
    Blog Entries
    12

    Die boek van Openbaring

    Ek wil graag weet: Wat is jou persoonlike siening van die inhoud van die boek wat in Openbaring 5 bespreek word? Wat dink jy is in die boek geskryf? Ek is besig om voorbereidng te doen van 'n boek/video oor Openbaring, en wil graag ander persone se insette kry oor wat ander mense dink oor wat die inhoud van die boek is. Ek wil nie graag skakels na ander mense se sienings hÍ nie, maar ek soek jou eerlike opinie.

    Dankie

  2. #2

    Re: Die boek van Openbaring

    Quote Originally Posted by Louwrens Erasmus View Post
    Ek wil graag weet: Wat is jou persoonlike siening van die inhoud van die boek wat in Openbaring 5 bespreek word? Wat dink jy is in die boek geskryf? Ek is besig om voorbereidng te doen van 'n boek/video oor Openbaring, en wil graag ander persone se insette kry oor wat ander mense dink oor wat die inhoud van die boek is. Ek wil nie graag skakels na ander mense se sienings hÍ nie, maar ek soek jou eerlike opinie.

    Dankie
    Louwrens, hoop die skakel kan help. Ek weet jy vra nie vir 'n skakel nie, maar ek glo die inhoud is baie behulpsaam vir jou.



    http://www.oospoort.co.za/source/openbaring.html

  3. #3
    Join Date
    Jun 2012
    Location
    Bethlehem
    Posts
    118

    Re: Die boek van Openbaring

    Die boek met die Sewe SeŽl word geopen net voordat God sy Toorn gaan uitstort oor die ongelowige aarde (wÍreld), dus is ek van mening dat al die kennis en detail tov God se Toorn en Raadsplan gedurende die verdrukking tot met die Wederkoms daarin uiteengesit is.Net Jesus Christus het die Gesag en is Waardig om die Boek te open.Openbaring 6 en verder aan gee aan ons kennis tov wat in die boek staan.In DaniŽl 12 praat die Woord ook van ní verseŽlde boek en word DaniŽl versoek om die woorde geheim te hou en die boek te verseŽl tot die tyd van die einde toe, maar sÍ ook dat baie dit sal deursoek en die kennis sal vermeerder. Ek sal ook graag ander se menings wil sien.


    Dan 12:4 En jy, DaniŽl, hou die woorde geheim en verseŽl die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder. Dan 12:9 En hy het gesÍ: Gaan heen, DaniŽl, want die woorde bly verborge en verseŽl tot die tyd van die einde toe.

  4. #4
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    1,705

    Re: Die boek van Openbaring

    Quote Originally Posted by Louwrens Erasmus View Post
    Ek wil graag weet: Wat is jou persoonlike siening van die inhoud van die boek wat in Openbaring 5 bespreek word? Wat dink jy is in die boek geskryf? Ek is besig om voorbereidng te doen van 'n boek/video oor Openbaring, en wil graag ander persone se insette kry oor wat ander mense dink oor wat die inhoud van die boek is. Ek wil nie graag skakels na ander mense se sienings hÍ nie, maar ek soek jou eerlike opinie.

    Dankie
    Hi Louwrens. Het jy al jou boek/video gemaak of kan ons nog ons sienings gee?

  5. #5
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Steynsburg, Eastern Cape
    Posts
    373
    Blog Entries
    12

    Re: Die boek van Openbaring

    Hi Ben

    Nog besig met navorsing. So enige insette sal waardeer word. veral ander insigte, nie die standaard wat orals beskikbaar is op die internet nie. Dit het ek reeds.
    Last edited by Louwrens Erasmus; Mar 26th 2013 at 06:22 AM.

  6. #6
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    1,705

    Re: Die boek van Openbaring

    Quote Originally Posted by Louwrens Erasmus View Post
    Hi Ben

    Nog besig met navorsing. So enige insette sal waardeer word. veral ander insigte, nie die standaard wat orals beskikbaar is op die internet nie. Dit het ek reeds.
    Hi Louwrens. Hier is my bydrae dan; soos ek dit glo en verstaan:

    Wanneer dit by Openbaring kom, soos met die res van die Bybel, glo ek moet mens in ag neem dat dit as ‘n blok geskryf is, m.a.w. sonder hoofstukke en vers nommers. Die is mos maar later ingesit sodat mens mens se plek makliker kan vind. Teen die agtergrond hiervan glo ek moet mens na Openbaring 5 kyk.
    Dit is ook goed, gegewe bogenoemde, om dan ook na Openbaring 4 te kyk in dieselfde asem as moontlike voorloper tot 5 of net vir ekstra inligting wat tot 5 kan bydra, as ek dit so mag uitdruk.
    Met dit gesÍ, glo ek dan ook dat Openbaring 4 en 5 ‘n verhoog skep vir die 7 SeŽls. So voor die Lam dus die 7 SeŽls oopmaak in Openbaring 6, gee Hy vir ons ‘n blik op die groot Troon Kamer in die Hemel as moed (glo ek) voor Hy vir ons vertel wat hier op aarde gaan gebeur:
    Open 4:1-2 NŠ hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesÍ: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat nŠ hierdie dinge moet gebeur. 2 En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon.
    Hier dan wil ek gou vir Paulus inbring:

    Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God – Rom 2:5
    ...in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie. – Rom 2:16


    Wat het Rom 2:5 en 2:16 te doen met God se Troon Kamer? Wel, die Troon Kamer is die setel van die Koning van die Heelal. Hy is ook die Regter van die Skepping. So voor God ons toelaat om te weet wat op die aarde gaan gebeur soos die dwalings en ander verskriklike goed wat mense gaan doen, gee Hy eers vir ons ‘n blik op Sy Majestieusheid en Almagtigheid. Hy gee dus vir ons hierdeur die versekering dat, ten spyte dat dit lyk asof die duiwel en sy trawante aan die wen is, Hy in absolute beheer is. En dat Hy die Regter is wat aan die einde van dit alles gaan oordeel.
    So daar gaan ‘n Oordeel wees: ‘n Ondersoek, Uitspraak en Voltrekking.
    En:
    Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad. – 2 Kor 5:10
    God is in beheer!
    ... omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wÍreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. – Hand 17:31

    Open 4:3-4 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reŽnboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag. 4 En rondom die troon was daar vier en twintig trone, en op die trone het ek die vier en twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad.
    Wie is hierdie 24 ouderlinge? Die aardse Heiligdom het ook 24 ouderlinge gehad (1 Kronieke 24:7-19). Hierdie 24 het saam met die HoŽpriester, Ašron, opgetree. So, in die Hemelse Heiligdom is daar ook 24 saam met ons HoŽ Priester, Jesus Christus.

    Open 4:4-8 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand; 6 en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oŽ van voor en van agter. 7 En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg. 8 En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oŽ; en hulle het sonder ophou dag en nag gesÍ: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!
    Vier lewende wesens? Heel waarskynlik hierdie wat Jesaja beskryf:

    In die sterfjaar van koning UssŪa het ek die Here sien sit op ‘n hoŽ en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het. 2 Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg. – Jes 6:1-2.

    Open 4:9-11 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, 10 val die vier en twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sÍ: 11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
    Open 5:1-3 En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ‘n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seŽls goed verseŽl. 2 En ek het ‘n sterk engel gesien wat met ‘n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seŽls te breek? 3 En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.
    Die Engels vir vers 3 stel dit as, “And no man in heaven”. So daar is al reeds mense in die Hemel. En wie is hierdie 24 Ouderlinge? Wel, toe Jesus uit die dood opgestaan het, het van die grafte oop gegaan. En “baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan” – Matt 27:52. Die sogenaamde “first fruits”. En hulle is in Jesus se “sleurstroom” saamgeneem hemel toe. Dan is daar ook nog Henog en Elia en Moses. Dit is dan ook hoekom Moses en Elia aan Jesus kon verskyn om Hom te versterk. Uit al die mense, glo ek, is die 24 ouderlinge.
    Maar selfs geen een van hulle was dit egter waardig om die SeŽls oop te maak nie:

    Open 5:4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.
    In die ou dae, na my wete inelkgeval, was die laaste wil en testament geseŽl gewees met 7 seŽls. En as dit nie oopgemaak is nie, was daar geen erfdeel nie en dit was dus verlore. En ek glo dit is hoekom hy in vers 4 gehuil het. Gelukkig is daar SLEGS EEN wat nie alleen ‘n laaste Wil en Testament agter gelaat het nie, maar wat lewe (Hy het die dood oorwin) en dit dus SELF kan oopmaak:
    Open 5:5-8 Toe sÍ een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seŽls te breek.
    Ons lees verder:
    Open 5:6-8 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oŽ, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde. 7 Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit; 8 en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.
    Die gebede van die heiliges word verteenwoordig dus as reukwerk, en die meriete van Jesus maak dit aanvaarbaar vir God.

    Open 5:9-14 Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sÍ: U is waardig om die boek te neem en sy seŽls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, 10 en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. 11 Toe sien ek, en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende; 12 en met ‘n groot stem het hulle gesÍ: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof. 13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sÍ: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! 14 En die vier lewende wesens het gesÍ: Amen! En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.
    Hoop dit dra by tot jou inligting, Louwrens?

  7. #7
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Steynsburg, Eastern Cape
    Posts
    373
    Blog Entries
    12

    Re: Die boek van Openbaring

    Hi Ben

    Dankie vir jou insette. Ek stem saam met dit wat jy geplaas het, maar het nog steeds my oorpronklike vraag. Wat staan binne in die boek? Ek weet ons kry baie inligting oor die seŽls, maar soos jy sÍ dit verseŽl slegs die boek. Vers een is as volg: En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ‘n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seŽls goed verseŽl. So wat is die inhoud van die boek?

  8. #8
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    1,705

    Re: Die boek van Openbaring

    Quote Originally Posted by Louwrens Erasmus View Post
    Hi Ben

    Dankie vir jou insette. Ek stem saam met dit wat jy geplaas het, maar het nog steeds my oorpronklike vraag. Wat staan binne in die boek? Ek weet ons kry baie inligting oor die seŽls, maar soos jy sÍ dit verseŽl slegs die boek. Vers een is as volg: En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, Ďn boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seŽls goed verseŽl. So wat is die inhoud van die boek?
    Jammer, Louwrens. Ek het jou mis verstaan..

    Die boek waarvan in Open 10:9-10 gepraat word, is die boek wat versŽel was in DaniŽl 12:4.


    Openb 5:1 se boek kan ek nie met sekerheid sÍ nie, maar vermoed dit is iets soos Jesus se Testament, aangesien slegs Hy hom kan ookmaak. Dan kan ons onsself seker afvra wat erf ons?

    Maar ek moet eerlik wees, ek glo ek verstaan waarvoor elke seel staan wat oopgemaak word, maar die inhoud van die boek self is ook spekkulasie by my.... Dit is vir seker iets egter waaraan ek ook aandag wil skenk.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bespreking Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)
    By Ta-An in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 21
    Last Post: Jun 19th 2012, 06:06 AM
  2. Bespreking Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (2)
    By Ta-An in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 0
    Last Post: Jun 3rd 2012, 02:04 PM
  3. hekel boek
    By trudie in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 0
    Last Post: Oct 21st 2010, 06:53 PM
  4. Boek Job
    By Willem in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 3
    Last Post: Oct 2nd 2009, 05:57 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •