Results 1 to 5 of 5

Thread: Kondome om tienerswangerskappe te vermy?

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628

    Kondome om tienerswangerskappe te vermy?

    Hoe voel julle daaroor...?

    Ek lees die volgende aanhaling oor dit op 'n ander forum en plaas dit graag. Hier is my mening daaronder en soos ek glo die Here voel ons daaroor moet dink. Miskien mis ek iets, maar hier gaan dit...

    Op die kassie-sepie: "Sewendelaan" worstel Sonja nou met tienerswangerskap en ouers
    wat net op hul eie eer gesteld is.

    Wat dink julle, met vrye liefde aan die orde van die dag, is dit nie beter om jou kind van
    kondome te voorsien nie, vir ingeval? Is dit nie beter as 'n ongewenste swangerskap nie?

    Ons hoor graag julle denke hieroor. Kom deel asseblief!


    Dis nogal 'n onderwerp wat veel meer aandag moet geniet as wat ek dink mens meesal besef. Ek glo persoonlik dat hoe mens na seks kyk en hoe mens daarmee omgaan, bepalend is van wat 'n beskawing op neerkom. As jy eervol met seks omgaan en derhalwe jou eie liggaam en 'n ander een se liggaam, sal dit ook die wyse wees waarop jy besigheid doen, met ander gesels ensovoorts.

    'n Ouer wat kondome aan hulle kinders gee, vir watter rede ookal, legitimeer seks buite die huwelik en ook losbandigheid om mee te begin. VÍrder is dit 'n poging van die mens, om valslik dinge in die donker toe te laat, terwyl die waarheid eintlik nie iets moois is nie en waarvan sulke ouers bewus is. As die kind nie swanger word nie, is daar geen skande wat die kind betref nie en ook nie die ouers nie. Is dit die waarheid? Ek glo nie so nie.

    Dis amper beter dat 'n kind wat met seks speel, hul vingers moet verbrand, want dan werk God met sulke mense en Hy weet hoekom daar eerder op hierdie aarde 'n prys te betaal is vir ons sondige leefwyses, as wat mens hier wegkom met slinkse dinge en dink jy het die prys vir sonde gefnuik. Gelukkig is diegene wat hul straf op aarde ontvang, teenoor die wat hul hele lewe lank met slinksheid elke straf en smaad vermy en dan voor God se regterstoel moet staan eendag en hulle hele lewe op daardie dag in een oomblik sien wegkwyn...
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628

    Re: Kondome om tienerswangerskappe te vermy?

    Dit gaan natuurlik nie net oor kondome nie, maar ook oor ander voorbehoedmiddels. ..
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  3. #3

    Re: Kondome om tienerswangerskappe te vermy?

    Dit is vandag se dae 'n uiters moeilike onderwerp. Wat van Aborsie wat as voorbehoedmiddel gebruik word? Die getalle in ontwikkelde lande soos Amerika en Europa is skrikwekkend.
    Kinders is nie in staat om te weet wat hulle doen nie. En lyk my meerderheid van vandag se ouers is nie instaat om kinders groot te maak nie. Groepsdruk en media verdraai lewe ook ontsettend baie.

  4. #4
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    1,110

    Re: Kondome om tienerswangerskappe te vermy?

    Hierdie het seker nie veel met tiener swangerskappe uit te waai nie, maar in 'n wereld waar aborsie syfers die hoogte in skiet, maak dit mens se hart warm dat sommige mense darem nog babas welkom wil laat voel: http://www.volksblad.com/nuus/2014-0...-lewe-help-hou

  5. #5

    Re: Kondome om tienerswangerskappe te vermy?

    Goeie onderwerp hierdie Ferdi, en natuurlik glad nie so maklik nie ...... Ek stem 100% saam daarmee dat ouers wat voorbehoedmiddels aan hulle kinders verskaf basies 'n groen lig gee vir wat alles daarna gebeur. Hoe gee jy vir jou kind 'n kondoom en sÍ vir hom/haar om dit nie te gebruik nie in dieslefde asem ? Ek is 'n grootmens en dit maak nie vir my sin nie...hoe gaan 'n kind daaroor voel ?

    Soos jy ook sÍ, sluit dit natuurlik ander voorbehoed in, insluitende mammas wat saam dokter toe gaan dat sussie "op die pil gesit kan word "
    (Ek weet dat daar gevalle is waar die pil help met dames wat sukkel met menstruasie, maar ek weet ook dat dit al lankal 'n lekker verskoning geraak het....."Sussie is op die pil want sy sukkel...so sussie is mos gelukkig klaar op die pil ....)

    Ons lewe in 'n wÍreld waar groepsdruk, ander kulture en betekenslose seks al hoe meer 'n rol speel, en ons moet verstaan dat ons kinders wel beinvloed word hierdeur, positief of negatief.

    Persoonlik dink ek ouers kan maar net vir hulle kinders leer oor die feite van die lewe, insluitende die impak wat 'n baba op hulle lewens gaan hÍ, en bid en bid en bid, maar kondome uitdeel ? Aikona.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •