Page 3 of 3 FirstFirst 123
Results 31 to 40 of 40

Thread: Filippense - Christus my alles

  1. #31
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Re: Filippense - Christus my alles

    Strek my uit na wat voor is

    Fil. 3:14 “Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die ho roeping van God in Christus Jesus.”

    ‘n Christen se beste l altyd voor. Jy is in ‘n wedloop teen jouself gewikkel. Ek wil nog beter doen vir my Here. Daar is soveel meer en soveel groter wat gedoen kan word. Die lewe is ‘n avontuur en ons is avontuursoekers. Nie soseer om nuwe dinge in Afrika of waar ookal te sien nie, maar om nuwe oorwinnings vir Christus as Verlosser van die mensdom te bereik.

    Daar is ‘n prys vir die wat die verste gegaan het om die mees ontoeganklike kringe te laat hoor dat Jesus God en Here is en dat Hy die hoop vir vrede in hierdie wreld is. Wanneer daar nie meer vrede tussen twee opponerende groepe of persone te vinde is nie, dan is daar altyd nog Jesus. Hy sal vrede bring as albei die eiebelang afl en en vergifnis in Christus ontdek en nastreef.

    Maar ek en jy kan nie vrede bring nie, ons kan net van die Vrede getuig – daardie vrede van God wat alle verstand te bowe gaan.

    Die vraag is net: Het jy ‘n plan? Weet jy wat daardie groter ding is wat jy nog vir Christus kan bereik? Het jy doelwitte opgestel om dit hierdie jaar na te jaag? Is daar ‘n roeping in jou hart? Is daar ‘n werklike strewe om nog ‘n groter skans teen God in hierdie wreld aan te durf? Onthou, daar is waarskynlik ook nog skanse in jou eie lewe wat oorwin moet word.

  2. #32
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Re: Filippense - Christus my alles

    Leef wat jy bely

    Fil. 3:15,16 “Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar. Maar wat ons reeds bereik het — laat ons volgens dieselfde rel wandel, laat ons eensgesind wees.

    Aan die een kant leer Paulus dat alle Christene volkome in Christus is (1 Kor. 1:30, 2 Kor. 5:21, Kol. 2:10). Dit is ons status voor God. Ons is volmaak in Hom. Maar blykbaar was daar ‘n groep van die gemeente in Filippense wat gedink het dat hulle werklik fisies volmaak was. Dit is na hulle wie hy in vers 15 verwys.

    En dit is eintlik ‘n problem, want as jy dink dat jy reeds prakties die volmaaktheid bereik het, dan sal jy nie die dryf, passie en strewe in jou h wat Paulus gehad het nie. Soos ons by vers 12 en 14 gesien het, glo Paulus nie dat hy al prakties volmaak is nie, en strewe na nog beter en oorvloediger diens aan Christus.

    Nou roep hy die mense op wat dink dat hulle al prakties volmaak is dat die Here dit aan hulle sal uitwys dat daar nog baie groter dinge in die geloofslewe is waarna hulle kan strewe. “Laat ons volgens dieselfde rel wandel” beteken: “laat ons dan, as ons dink dat ons werklik volmaak is, ook so wandel soos ons s ons is. “You must walk your talk” s hulle in Engels. Wat jy glo moet jy uitleef.

    Moet dus liewer nie te gou s jy is prakties volmaak nie. Ja, in Chrisstus is jy, maar die praktyk is ‘n ander saak. Volg liewer Paulus se voorbeeld, s die vers, en laat die volkomenheid in dienslewering aan ons Here elke dag vir jou ‘n passie en strewe wees.

  3. #33
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Re: Filippense - Christus my alles

    Waar is jou burgerskap?

    Fil. 3:20 “Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus”

    Of soos Jesus ges het: “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” Waar is jou belange, denke, toekomsbeplanning of jou "hart"? As jy aan Christus behoort, moet dit eintlik die hemel wees. Nie alle kinders van die Here het al die oorgang gemaak van die aarde na die hemel nie. Ons word gered terwyl ons aardbewoners is. Daar word ons hemelse burgerskap aan ons oorhandig.

    Maar dit neem tyd vir ‘n Christen om van sy aardse “ID” ontslae te raak en hom waarlik net te beroem in sy hemelse ID en sy lewe en beplanning rondom dit te bou. Ons is trots op ons kinders en wil h hulle moet suksesvol wees, maar meeste Christenouers laat na om hulle hemelse burgerskap vir hulle kinders aan te leer. Help jy hulle om die oorgang te maak sodat die denke, strewe, passie vir Christus in die hemel sal wees?

    Hier hoor ons weer die tema van Filippense 3. As my ID in die hemel is, dan verwag ek my Verlosser uit die hemel. Kind van God, luister na die woorde. Hier is die groot teken. Om Jesus as Verlosser uit die hemel te verwag, het geweldige implikasies. Dit beteken my hoop is werklik nie meer aards nie. Ek weet hier is geen hoop op aarde nie. My Verlosser kom uit die hemel. En Hy kom om my saam met Hom hemel toe te vat. Selfs die kerk het gefaal om van sy lidmate hemelburgers te maak.

    Daar is diegene wat terugkap en s "julle is net goed vir die hemel en 'useless' vir die aarde". Daarom preek die groot kerke meestal net oor nuttigheid vir die aarde en los die hemel waar hy is. Nee, mense, Fil. 3 se passie en verlange is na die hemel. Dit is ons normale Christelike lewe. Dit was ook Graham se lewensfilosofie: "My home is in heaven. I am just traveling through this world."

  4. #34
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Re: Filippense - Christus my alles

    Verheerlik saam met Christus

    Fil. 3:21 “wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.”

    Die loon van Christenskap is nie op aarde nie! Hier het ons reeds vrede en blydskap in die hart, maar ons het ook die dorings en distels van die aarde, die stryd in ‘n onvolkome wreld en die ou vernederde liggaam waarmee ons moet saamleef. Die beloning is wanneer ons Here ons kom haal.

    Baie glo dit nie meer nie. Hulle wil nie uit die profesie leer en hulle harte laat troos met die hemelse verwagting nie. Hulle soek die loon van Christenskap op aarde en dit is nie waar dit te vinde is nie. Dit is waarom Christenskap kwyn. Die hemel is nie meer vir mense ‘n werklikheid nie. Kerke moet mense lok met orkeste en ekstatiese liedere. As Christenskap nie hier en nou vir hulle kan gee wat hulle wil h nie, stel hulle nie belang nie.

    En die dag wanneer ons Here werklik kom, wat gaan dan gebeur? Gaan die mense wat in Christenskap maar net ‘n hier en nou ervaring gesoek het, werklik in ons Here belangstel wanneer Hy in heerlikheid verskyn? By sy eerste koms het die kerk van daardie tyd nie in Hom belang gestel nie. Is dit nou anders? Het die kerk ‘n brandende begeerte om sy Here te ontmoet?

    Stel ons werklik belang in dit wat die vers vandag aanbied? Besluit maar self hieroor en gaan dink mooi na oor wat op daardie groot dag gaan gebeur.

  5. #35
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Re: Filippense - Christus my alles

    Vriendelikheid kos niks.

    Fil. 4:4,5 “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.”

    Dit is tog so belangrik dat ‘n Christen moet wys dat hy iets het wat groter is as sy probleme, vyande en struikelblokke in die lewe. As ons altyd negatief reageer op negatiewe dinge wat in die lewe gebeur, dan word die groot en kragtige geestelike realiteit van Christus in ons weggesteek. Jesus is dan maar net ‘n vae konsep wat slegs op ‘n Sondag in teorie in jou lewe bestaan en nie werklik jou lewe oorgeneem en verander het nie.

    Die woord “verbly” is so belangrik dat dit minstens 26 keer in Paulus se briewe voorkom en agt keer hier in Filippense. En nie sommer net blydskap in die algemeen nie, maar spesifiek “in Christus”. Mense moet weet waarom jy bly is. Filippense s Christus is my alles en daarom is ek bly. Dit was in Hom wat ek genade en ‘n hoop op die ewige lewe gevind het en dit kan tog nie net jou lewe so los om te bly lyk soos die van die wreld nie.

    Die Here was naby in Paulus se tyd. Soos nou was Israel in hulle land en die wederkoms sou enige tyd kon plaasvind. Vandag is dit weer die geval. Ons lees Paulus se briewe nou weer met die dringendheid waarmee die Christene in daardie tyd dit gelees het. Die Here is werklik naby. Wat gaan Hy by jou vind as Hy vandag kom? Mag dit die blydskap van Christus wees omdat Hy werklik vir jou alles is.

  6. #36
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Re: Filippense - Christus my alles

    Bid vir God se vrede

    Fil. 4:6,7 “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.”

    Nogal interessant dat die Bybel wel ‘n paar goed noem waaroor ons besorg moet wees soos soos bv. vir mekaar se welstand (2 Kor. 12:25) soos Timotheus ook besorg was oor die welstand van die Christene in Filippi (Fil. 2:20). As ons vers dus s dat ons oor niks besorg moet wees nie, verwys hy natuurlik na ons eie fisiese omstandighede. Bewys liewer jou besorgdheid oor ander mense.

    Wat jouself betref moet jy steeds bid oor alles en ook met danksegging omdat jy waarlik vertroue het in ons Here en weet dat Hy jou deur elke situasie sal dra. So staan dit ook in Kol. 4:2 dat ons moet volhard in die gebed en in danksegging. Dit is die begeerte in die hart van ons Here dat ons voortdurend na Hom sal kom in gebed.
    Ons hart is nie groot genoeg om sorge en kwellinge te dra saam met God se vrede nie. In die gebed kom laai ons die kwellinge by Hom af en Hy kom dan ons hand vashou om deur die storm te loop en veilig anderkant uit te kom. Bid altyd deur om seker te wees dat jou hart gevul is met God se vrede in plaas van die sorge en bekommernisse wat jou net siek sal maak. Die Here gee vrede en Hy sal nie dat jy bo jou vermons versoek en verdruk word nie.

    So bewaar hy ons harte en sinne. Die klassieke voorbeeld daarvan is die wapenrusting in Ef. 6. Wanneer jy bid en glo wat die Woord s, is dit die helm en die borsplaat en die gordel, die skoene en die skild en die sward wat begin werk en so bewaar ons Here jou hart en jou sinne.

  7. #37
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Re: Filippense - Christus my alles

    Bedink hemelse deugde

    Fil. 4:8 “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”

    Die hele Filippense s Christus is jou alles en Fil. 4 s meer spesifiek “Christus is my blydskap en roem”. Ek het geen verdienste waarmee ek my Here kan ontmoet nie. In my self is daar niks goeds nie. Jesus is alles. As daar iets in my was, dan sou ek aan een van hierdie dinge wat rein en heilig en loflik is kon dink as aardse dinge, maar nou weet ek dit is alles hemels en afkomstig van my Here alleen.

    Alles wat waar is, is God se Woord soos dit in Christus vervul is. Sonder Christus en die kruis is selfs die Bybel nutteloos. En die groot kragtige verlossingswaarheid van Christus is op die mees uitnemende wyse bekend gemaak in die bediening van Paulus, “die bedeling van die genade van God”. Alles wat eerbaar is, is die effek wat Christus se waarheid op ons lewens het. Ons streef onophoudelik na eerbaarheid om Christus so goed as moontlik te kan dien.

    Alles wat regverdig is, is dit wat nou moontlik is omdat God Homself deur Jesus aan die kruis in die regverdige verhouding vir ons aangebied het. Alles wat rein is kom ook net uit die hemel uit en ek het geen groter begeerte as om elke dag opnuut deur die versoening wat daar in Chrstus is rein gewas te word en hierdie reiniging aan ‘n besoedelde wreld aan te bied nie.

    Alles wat lieflik en loflik is kom ook uit die hemel. Die mooiheid wat nog op die aarde oor is, is deur God geskep en bring lof aan Hom alleen. Laat ons hierdie dinge aanhou bedink en verkondig.

  8. #38
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Re: Filippense - Christus my alles

    Die bedeling van God se genade

    Fil. 4:9 “En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.

    Die Filippense moes glo en doen volgens dit wat hulle van Paulus geleer, ontvang en gesien het. Waarom beklemtoon Paulus dit altyd so sterk dat hulle hom as person moet navolg in hulle leer en hulle lewe? Maar net omdat ‘n nuwe dispensasie, die bedeling van die genade van God aan Paulus openbaar is (Ef. 3:2; 2 Kor. 12:1-5; Gal. 1:11,12). Na die openbaring wat Paulus ontvang het, staan die wreld in ‘n nuwe verhouding tot God en dit was Paulus se groot taak om seker te maak dat hulle dit weet.

    Dit is dus deel van ons blydskap in Christus om te verstaan WIE ONS IS en wat God se verhouding met die wreld nou is.

    Hierdie openbaring beteken die volgende:
    1. Israel en die wet is verby. Ons verhouding is nie op wette en OT reels gebou nie, maar op genade alleen.
    2. By die kruis het God alles gedoen en ons moet dit net glo om gered te word.
    3. Daar is net een evangelie vir Jood en heiden en dit het met wette niks te make nie.
    4. Petrus en Johannes en Jakobus het aangehou om Jode te bedien, maar ook hulle kon net die een evangelie verkondig en niks anders nie (Hand. 15:11).
    5. Wanneer mens tot die geloof gekom het, dan verander Christus jou hart en plaas die drang van binne in jou om jou lewe te verander en God te dien (2 Kor. 5:14).
    6. Almal, Jood en heiden word nou deel van Christus as hulle glo; en almal, Joode en heiden, wat Christus verwerp is op pad hel toe.
    7. Christus is alles (die boodskap van Filippense) en Hy is die blydskap van ons lewe.

  9. #39
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Re: Filippense - Christus my alles

    Tevrede met wat hy het

    Fil. 4:12 Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te h; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te h sowel as om gebrek te ly

    Daardie beroemde vers wat mense so graag aanhaal, Fil. 4:13, volg net na vandag se vers. Daar staan: ek is tot alles instaat deur Christus wat my krag gee. Wat beteken die vers? Beteken dit ek kan nou wondere doen, groot kragtige dade en ek kan al die rykdom van die aarde versamel as ek wil? Nee, as jy wil weet wat dit beteken moet jy eerder vandag se vers lees en nie vers 13 nie.

    Eintlik is ons vers vandag dus: Ek is tot alles instaat deur Chrstus wat my kag gee, maar ons lees die vorige vers wat s: Paulus was instaat om in voorspoed en teenspoed, wanneer hy versadig was en wanneer hy honger gely het, in oorvloed en in gebrek, steeds aan te hou om ongesteurd voluit te leef vir sy Here. Hoeveel van ons kan dit s?

    Hoeveel van ons Christene wat welvarend is, leef steeds nederig, in dankbaarheid, sonder enige uitspattigheid en ten volle toegewy aan ons Here? Hoeveel van ons wat gebrek ly leef steeds in dankbaarheid, geloof, sonder enige verwyt, net in toewyding aan ons Here? Voorspeod het sy gevare en meeste kan dit nie hanteer nie. Hulle word aards, kompeteer met die wreld en gaan geestelik onder. Om gebrek te ly het ook sy gevare. Ook dan wys dit dat jou eintlike lewe gaan oor die aardse besittings wat jy nie het nie.

    Maar Paulus kon s: Ek kan dit hanteer. Ek kan arm wees en ek kan ryk wees en ek sal nog steeds volkome toegewy wees aan my Here.

  10. #40
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Re: Filippense - Christus my alles

    Die offer wat welbehaaglik is voor God

    Fil. 4:18 “Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrodtus ontvang het wat deur julle gestuur is, ’n lieflike geur, ’n welgevallige offer, welbehaaglik by God.”

    Filippense 4 s Christus is my blydkap en ons sien dit ook in hierdie vers. Die Filippense het in hulle Christelike lewe vrug gedra en dit lei tot hulle eie blydkap, Paulus se blydskap en ook tot God se blydskap. Paulus s ‘n paar keer hy soek nie na hulle gawe nie, maar na die vrug van hulle toegewyde lewe en dit maak hom intens dankbaar en bly teenoor die Here.

    Christene, bring julle offers, dit is julle normale Christelike lewe en dit bring blydskap en vreugde in hemel en op aarde. En as jy nie het om te gee nie, gee dan iets anders. Gee jou hart en jou tyd vir hulle vir wie dit iets kan beteken. Ook die wat geld gegee het, kan dit maar gerus opvolg met die daad van toewyding en diens aan die Here om seker te maak dat dit werklik die vrug van jou geloof sal wees en nie net die afbetaling van ‘n skuld of ‘n sonde nie.

    Die liefelike geur voor ons Here is nou nie meer die wierook en vereistes van die wet nie, maar die vrug van ‘n veranderde lewe. Gaan kyk waar God hierdie vrug van jou lewe die nodigste het. Moenie dit aanwend vir ‘n kerkstelsel wat plek maak vir modernisme en humanisme nie. Staan in diens van die lewende Jesus Christus en sy kragtige evangelie van die genade van God.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Determineer God alles?
    By CFJ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 9
    Last Post: Dec 6th 2017, 11:11 AM
  2. Help asseblief Alles kom tot niks!
    By Louis F Brits in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 9
    Last Post: Nov 12th 2014, 01:54 PM
  3. Bespreking Alles 'n gejaag na wind.
    By Johnny in forum Alles en nog wat
    Replies: 1
    Last Post: Mar 4th 2011, 05:14 AM
  4. Bespreking Alles met 'n doel
    By marline in forum Alles en nog wat
    Replies: 2
    Last Post: Dec 7th 2008, 05:29 PM
  5. Hoekom verander alles?
    By CFJ in forum Alles en nog wat
    Replies: 0
    Last Post: Aug 10th 2007, 01:16 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •