Results 1 to 5 of 5

Thread: REUSE

  1. #1
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    1,719

    REUSE

    Die Bybel maak dit onomwonde duidelik dat daar reuse voor die vloed was (Gen 6:4). n Paar is selfs na die vloed gebore en het bestaan (Num13:33) soos Goliat, Og en Enak et al.
    Dit is natuurlik n probleem vir evolutioniste, wat beweer alles gaan van klein na groot, en ontdekkings van reuse skelette word verbasend vinning toegesmeer. Ek is natuurlik ook deeglik daarvan bewus dat daar baie hoaxes is daar buite; iets wat die mense self op hierdie webwerf erken.

    Maar gaan lees tog hierdie hele artikel. Baie interessant.

  2. #2

    Re: REUSE

    Quote Originally Posted by Ben Cronje View Post
    Die Bybel maak dit onomwonde duidelik dat daar reuse voor die vloed was (Gen 6:4). ‘n Paar is selfs na die vloed gebore en het bestaan (Num13:33) soos Goliat, Og en Enak et al.
    Dit is natuurlik ‘n probleem vir evolutioniste, wat beweer alles gaan van klein na groot, en ontdekkings van reuse skelette word verbasend vinning toegesmeer. Ek is natuurlik ook deeglik daarvan bewus dat daar baie hoaxes is daar buite; iets wat die mense self op hierdie webwerf erken.

    Maar gaan lees tog hierdie hele artikel. Baie interessant.
    Ben, ek sal graag hierdie onderwerp wil bespreek maar ek dink ek sal moet gaan koffie drink as ek my opinies hieroor lig.

    Wat ek wel sal se is dat ek glo dat die 'seuns van God' wat in Genesis 6 genoem word (asook regdeur die Ou Testament) na engele verwys. Dus sien ek die Nephilim of reuse as regte reuse wat die afstammelinge van hierdie gevalle engele en menslike vrouens was.

    Anak se afstammelinge (waarvan Goliat en sy broers deel was) was ook sulke reuse.

    Interessant, maar baie kontrovers.

    Groete,
    B.
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

  3. #3
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    1,719

    Re: REUSE

    Quote Originally Posted by paidforinfull View Post
    Wat ek wel sal se is dat ek glo dat die 'seuns van God' wat in Genesis 6 genoem word (asook regdeur die Ou Testament) na engele verwys.
    Hi B. Op die oog af lyk dit so, maar die praktyk is stop gesit met die vloed. Dit verklaar dus nie die reuse na die vloed nie. Ek begin dink daardie interpretasie mag dalk foutief wees...

  4. #4

    Re: REUSE

    Quote Originally Posted by Ben Cronje View Post
    Hi B. Op die oog af lyk dit so, maar die praktyk is stop gesit met die vloed. Dit verklaar dus nie die reuse na die vloed nie. Ek begin dink daardie interpretasie mag dalk foutief wees...
    Haai Ben:

    Genesis 6 noem dat daar reuse voor die vloed en ook daarna was. Dit kan wees dat een van Noag se skoondogters Nephilim DNA gehad het en dit so oorgedra het, of daar was nog engele was molestes gemaak het.

    Gen. 6:1-2 “Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.”

    Gen. 6:4 “In die dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en die vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

  5. #5
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    1,719

    Re: REUSE

    Quote Originally Posted by paidforinfull View Post
    Gen. 6:1-2 “Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.”

    Gen. 6:4 “In die dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en die vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.
    Kyk dan wat volg:

    Gen 6:5 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,
    Gen 6:6 het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.
    Gen 6:7 En die HERE s: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die vols van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.
    God se berou kom eers NA die "daarna" van vers 4. Vers 4 kan dus nie na die periode na die vloed verwys nie, want tot en met vers 4 het God se berou en besluit nog nie gebeur nie. God se berou en besluit was in die tydstroom van vers 4 dus nog onbekend. Die "daarna" van vers 4 kan dus volgens my verstaan nie na iets wys wat nog nie eers besluit is en gebeur het nie. Die "daarna" kan slegs verwys na 'n tyd wat reeds bekend was voor God se berou en besluit.


    My opinie egter.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •