Results 1 to 14 of 14

Thread: Die kankerswaard oor my lewensdraad

  1. #1
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Steynsburg, Eastern Cape
    Posts
    373
    Blog Entries
    12

    Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Ek is besig om my paadjie wat ek saam met die HERE loop die afgelope twee en 'n half jaar al te dokumenteer. Dit het oorspronklik begin om maar net my naaste familie op hoogte te hou, maar ek het gevind dat daar baie mense is op Facebook wat my storie ook deel met hulle vriende. So ek het gevoel dat ek dit ook hier op die forum kan deel. Om die hele storie te lees is maar 'n opsie. My jongste skrywes is op my blog met dieselfde naam as die draad beskikbaar, maar indien jy net wil kom inloer so elke nou en dan hier is die adres waar ek alles oor die tipe kanker en my stryd daarteen beskryf.

    http://louwrense.blogspot.co.za/ Deel dit maar met mense wat jy ken wat ook hierdie siekte beveg. Ek glo dat dit dalk net iemand kan help in hulle stryd.

    Dankie

    Louwrens

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Dankie dat jy dit deel Louwrens. Dit is spesiaal en ek maak dit 'n "sticky" en plak dit bo-aan, dat dit op die voorblad van hierdie forum kan bly.
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…



  3. #3
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Steynsburg, Eastern Cape
    Posts
    373
    Blog Entries
    12

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Gedag dit is tyd vir so 'n bietjie opdatering. Een ding wat ek geleer het is dat wonderwerke nogsteeds elke dag gebeur. Ek het die keer se opdatering van my twee weeklikse blog hier ook gepos.

    Maandag 4Julie 2016

    Wonderwerke gebeur nogsteeds.

    Die afgelope week was regtig vir ons ‘n tuimeltrein. Dit is wat die woordeboek verklaar as die Afrikaans vir ‘n roller coaster. Ek het so 2 weke gelede besluit dat dit tyd is om weer by die hospitaal uit te kom, want dinge raak maar al hoe moeiliker. My derm is elke dag of twee verstop, en klink dit die een oomblik soos iemand wat ‘n ballon laat afblaas met so ‘n skril klank soos die lug sukkel om uit te kom, en dan dink ek weer dat ek my so pas gelanseer het na Mars of iewers baie ver. En dan is daar die ou pyn, elke dag heeldag.

    Die vorige keer wat ons daar was het die chirurg net gesê ek moet by onkologie aanmeld ten spyte van die feit dat ek haar daarop gewys het dat Interferon slegs werk op gewasse van 1mm of kleiner, myne is net so 70 keer groter, en dan is die sukses maar tussen 0 en 20%. So ek het toe maar besluit om ‘n afspraak te maak sodat hulle my kan verwys na onkologie en dan weer terug na chirurgie sodat hulle weer ‘n CT Scan kan doen dat ons net uitvind wat hier binne my aangaan.

    Verlede Sondag het van ons vriende ‘n draai gemaak na hulle by die diens was, en het hulle gesê ons moet saam bid dat die HERE hierdie omslagtigheid sal laat verkort sodat ons sommer dadelik ‘n afspraak vir ‘n CT Scan kon kry. Toe ek vroeër deur die proses moes gaan het dit ses maande gevat voordat ek geweet het wat aangaan.
    Woensdag was toe die groot dag, en waar hulle my aangesê het dat hulle baie besig gaan wees en my maar moet indruk, is ek toe tweede op die lys. Ek het nou nie baie lekker gevoel toe die dokter my roep nie aangesien ek gesien het die een chirurg kan jy sommer sien het outoriteit, en die een wat my toe roep het dit beslis nie uitgestraal nie. Sy het toe gevra wat aangaan en het sy sit en notas maak. Sy het so ‘n bietjie rond gevoel op die buik en die bors maar nie baie vertroue gewys nie. Toe ek haar vra of sy iets weet van Carcinoid was haar antwoord ‘n baie reguit nee, sy het al daarvan gehoor, maar dit was al.

    Sy vra toe dat ons haar sal verskoon want sy wil toe net met haar hoof my probleem bespreek. Die volgende oomblik kom die hoof van chirurgie daarin en hy ondersoek my. Hy kyk toe na die vorige CT Scan van so twee en ‘n halfjaar terug, en ek wys toe vir hom wat ek ook oor bekommerd is en dit was nodes in die lugweg wat op daardie stadium nog te klein was om oor bekommerd te wees. Hy het so ‘n bietjie by die bors gevoel en dadelik te kenne gegee dat hy meer oor die longe bekommerd is as oor die buik.

    En daar begin die wonderwerke. Nie net vra hy ‘n CT Scan aan van die buik nie, maar sommer van die bors ook. Dan wil hy hê dat ek moet ‘n kamera gaan sluk om te sien of die longe reg is en om te sien hoe groot die uitsaaïngs is, en nadat Hettie vir hom gevra het oor my ou ledemate wat so seer word, stuur hy my vir ‘n volledige “bone scintigraphy”. Dit is waar hulle kan sien watter uitsaaïngs daar is na die skelet, aangesien ek nie meer my regterhand kan toe kry nie, en elke skanier in my liggaam baie pyn. My nek kan seker net so 70 grade in beide rigtings beweeg, so 140 in totaal, en die rug pyn baie, veral waar ek so 25 jaar gelede ‘n rugfusie ondergaan het.

    So daar kry ek toe baie meer as wat ons voor gebid het, net om te wys dat ons ‘n liefdevolle Vader in die Hemel het wat nogsteeds wonderwerke doen. So die volgende ses weke gaan ons maar besig wees.

    Die winter is maar hier nou in volle gang. Saterdag was die wisseling in temperatuur 10 grade, van minus ses na plus vier. So die ou blomtuin lyk nie goed na die ryp nie, en nou is dit elke oggend hier onder vyf grade, en sit ek maar elke dag voor die parrafien stofie.

    So tot volgende keer, kyk op en moet nooit terug kyk nie, wat verby is is verby, want dit wat voorlê vir elke persoon kan jy net sien wanneer jy vorentoe kyk.

    Kyk maar gerus na twee van my “favorite” videos wat jou sal ondersteun maak nie saak wat vir jou wag nie.

    https://www.youtube.com/watch?v=wlITI74NCz4
    https://www.youtube.com/watch?v=q6T9...xCHl_-&index=8

  4. #4
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    5,819

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Dankie Louwrens

  5. #5
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Gits Louwrens, ek het gedog ons koue is net een te veel, want dit was nie sovêr ek kan onthou so koud soos hierdie jaar nie, maar daar by julle is dit 'n heel ander storie en net dit alleen sal my al vang. Dankie vir die mooi getuienis!
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…



  6. #6
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Steynsburg, Eastern Cape
    Posts
    373
    Blog Entries
    12

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Gedag ek sal net so 'n bietjie vertel hoe en wat met my aangaan. Ek het maar my getuienis so 'n bietjie opgedateer en sommer ook 'n stuk bygesit hoekom en waaroor ek meeste van die tyd skryf. Dit kan gevind word by http://shamaministries.org.za/wp/get...wrens-erasmus/.

    Dan het ek op my persoonlike blog ook 'n gedeelte bygesit wat ek sommer hier ook ingesit het.

    Dit is nogal ‘n hele rukkie gelede wat ek laas iets gedeel het. Om die waarheid te sê het ek glad nie in Februarie iets gedeel nie, maar tog was daar baie goed wat gebeur het. Ons was al weer terug by ons huis, weer op die plaas by Su-Hannie hulle, en is al weer terug by ons huis. En dan gaan ons Sondag alweer plaas toe.

    Hettie se operasie wonde is so 99% gesond, so dit is baie goeie nuus. Ons was toe Maandag by onkologie en hulle wil baie goeters doen. Vir Hettie begin haar paadjie met chemo volgende Maandag, en dan is dit elke drie weke vir nog vyf behandeling daarna. So vir die volgende 18 weke is dit sy en chemo. Dan is dit ‘n maand van bestraling van Maandag tot Vrydag, elke dag vir die maand. So ons hoop sy sal so teen einde Augustus of begin September seker klaar wees met die storie, en dan is dit maar verdere toetse om te sien dat hulle alles kon dood kry. Haar kanker was baie agressief, so alhoewel hulle alles kon verwyder, weet hulle nie hoeveel nog in die bloed en beenmurg gebêre is nie.

    Dan het Esthee en Francois so ‘n verrassing gekry toe klein Lars 4 weke vroeg sy opwagting gemaak het. Hy is te oulik en nou op 3 weke weeg hy al 3 Kg. Maar hy gee hulle soveel vreugde en dit is iets wat ek en Hettie nie gedink het ooit sal gebeur nie. Esthee en Francois het net so ‘n groot verrassing gehad toe sy verlede jaar in Julie uitgevind het sy is swanger.

    Self moet ek ook weer onder die mes deurloop om “debulking” te doen van die gewas sodat my lewens kwaliteit kan verbeter. Dit sal baie goed wees as hulle die klok so ‘n paar jaar kan terug draai vir my. Maar, dan is daar die Rheumatiod Arthritus wat maar baie moeilik is. Die rug is so swak dat hulle bang is dat van die werwels kan breek en net so met die nek. So ek sal ook seker maar eendag in ‘n rolstoel beland wanneer die ou bene en heupe nie meer wil funksioneer nie.
    Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

  7. #7
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Dankie vir die nuus Louwrens, dis voorwaar nie maklik as mens hierdie pad op jou eie moet loop nie. Wat sou ons sonder die Here doen? Sterkte vir julle!
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…



  8. #8
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Steynsburg, Eastern Cape
    Posts
    373
    Blog Entries
    12

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    En daar kan ek nog 'n jaar by kry in my nuwe ouderdom. Sal Donderdag 22 jaar wees na die eerste kanker operasie en my paadjie met Carcinoid Sindroom. Die medici het nou 'n klomp tipes bymekaar gegooi en verwys nou na al die verskillende stadig groeiende kankers as NET's, of neuroendocrine tumors. Ons het ook uitgevind deur terug te gaan na al die simptome wat ek gehad het in my lewe en het die onkoloog gesê sy vermoed dat die eerste gewas wat hulle in 1995 gevind het al simptome begin wys het toe ek 16 jaar oud was. So volgens haar is dit moontlik dat ek daarmee gebore was, maar nou weet ons die siekte is eers in 1955 vir die eerste keer beskryf en toe was dit 2 jaar voor ek skool toe is.

    So vir my is ek bly ek het nog 'n jaar bygekry en met Hettie is sy klaar met haar behandeling en is sy goed oppad om heeltemal te herstel na die bilaterale mastektomie.

    Ek het my besig gehou met Jesaja en sal eersdaags die eerste uitleg/kommentaar kan pos op my webtuiste oor Jesaja 1 tot 35. Ek is nou nog besig met proeflees en invul wat ek dalk in die eerste ronde gemis het, maar soos ouder gewoonte is ek seker maar die ou wat die meeste daaruit geleer het en gesien het hoeveel van Jesus se gelykenisse en gesprekke kom oorspronklik uit Jesaja. Ek het ook 'n stukkie sagteware raakgeloop en het ook toestemming gekry om my uitleg van Openbaring op eSword en MySword se webtuistes as kommentare beskikbaar te stel, wat vir my 'n baie groot gebeurtenis is.

    So ek glo ek sal nog die volgende gedeelte van Jesaja kan doen maar vir eers wil ek maar konsentreer op dit wat klaar is en dan vertaal na Engels vir die res van die wêreld se mense.

    Groetnis
    Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

  9. #9
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Dankie Louwrens, dis 'n mooi getuienis en op verskeie maniere
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…



  10. #10
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Ellisras, South Africa
    Posts
    132

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Quote Originally Posted by Louwrens Erasmus View Post
    En daar kan ek nog 'n jaar by kry in my nuwe ouderdom. Sal Donderdag 22 jaar wees na die eerste kanker operasie en my paadjie met Carcinoid Sindroom. Die medici het nou 'n klomp tipes bymekaar gegooi en verwys nou na al die verskillende stadig groeiende kankers as NET's, of neuroendocrine tumors. Ons het ook uitgevind deur terug te gaan na al die simptome wat ek gehad het in my lewe en het die onkoloog gesê sy vermoed dat die eerste gewas wat hulle in 1995 gevind het al simptome begin wys het toe ek 16 jaar oud was. So volgens haar is dit moontlik dat ek daarmee gebore was, maar nou weet ons die siekte is eers in 1955 vir die eerste keer beskryf en toe was dit 2 jaar voor ek skool toe is.

    So vir my is ek bly ek het nog 'n jaar bygekry en met Hettie is sy klaar met haar behandeling en is sy goed oppad om heeltemal te herstel na die bilaterale mastektomie.

    Ek het my besig gehou met Jesaja en sal eersdaags die eerste uitleg/kommentaar kan pos op my webtuiste oor Jesaja 1 tot 35. Ek is nou nog besig met proeflees en invul wat ek dalk in die eerste ronde gemis het, maar soos ouder gewoonte is ek seker maar die ou wat die meeste daaruit geleer het en gesien het hoeveel van Jesus se gelykenisse en gesprekke kom oorspronklik uit Jesaja. Ek het ook 'n stukkie sagteware raakgeloop en het ook toestemming gekry om my uitleg van Openbaring op eSword en MySword se webtuistes as kommentare beskikbaar te stel, wat vir my 'n baie groot gebeurtenis is.

    So ek glo ek sal nog die volgende gedeelte van Jesaja kan doen maar vir eers wil ek maar konsentreer op dit wat klaar is en dan vertaal na Engels vir die res van die wêreld se mense.

    Groetnis
    Sterkte Louwrens,net een vraag,hoekom byt gelowegis nog vas aan die verganklike?Ek is glad nie in jou posisie nie maar tog is jy n God vreesende mens.Sou jy nie alles net so gelos het om Jesus te volg nie?Wat ek daarby bedoel is om geliefdes agter te laat om Hom te volg.Ek weet nie hoekom ek die vraag vra nie maar iets binne my wil he ek moet.Eintlik weet ek wat jy gaan se maar kom ons kyk.

    Groete!
    MARANA THA!

  11. #11
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Steynsburg, Eastern Cape
    Posts
    373
    Blog Entries
    12

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Quote Originally Posted by Louis F Brits View Post
    Sterkte Louwrens,net een vraag,hoekom byt gelowegis nog vas aan die verganklike?Ek is glad nie in jou posisie nie maar tog is jy n God vreesende mens.Sou jy nie alles net so gelos het om Jesus te volg nie?Wat ek daarby bedoel is om geliefdes agter te laat om Hom te volg.Ek weet nie hoekom ek die vraag vra nie maar iets binne my wil he ek moet.Eintlik weet ek wat jy gaan se maar kom ons kyk.

    Groete!
    Louis ek is bly jy vra. Ek byt verseker nie vas nie en was daar al dae wat ek en Hettie al albei gebid het dat die einde nou sal kom, maar dan word ek nog die volgende dag wakker. Die rede hoekom ek nog kan sê wat ek graag wil doen is dat ek seker 18 jaar gelede een dag vir die HERE gevra dat Hy my sal wys wat ek moet doen, die Bybel oopgemaak en skielik het hierdie een vers net uitgespring: "So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in ‘n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;" Jer 30 vers 2. Dit is waar ek begin skryf het.

    So vier jaar gelede het ek die HERE gevra dat ek kom nou nader aan eintlike aftree ouderdom maar daar is nog soveel wat ek het wat ek oor moet skryf, maar ek kry nie geleentheid nie. Binne 6 maande was my hele lewe omvêr gewerp en het ek gesit waat ek vandag is, waar ek moes ophou werk en die tye wat ek goed voel kan skryf. Ek weet ek moet nog Jesaja klaar maak, dis nou die eerste helfte wat ek nou probeer klaar kry, en as die HERE my tyd gee sal ek dit vertaal in Engels, en as nog lewe die tweede helfde doen.

    So ons lewe van dag tot dag en leef asof elke dag my laaste is.
    Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

  12. #12
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Steynsburg, Eastern Cape
    Posts
    373
    Blog Entries
    12

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Soos ek nou vanoggend hier sit en wag vir Word om die speltoets deur te hardloop wil ek net graag iets byvoeg wat ek gister nie gesê het nie. Ons was Saterdag 45 jaar getroud en het ons gepraat oor hoe gelukkig ons eintlik is om tyd te kry om voor te berei vir die dag wat een van ons dalk nie meer daar is nie. Daar is so baie van ons vriende wat nie daardie geleentheid gekry het nie, maar Hettie weet waar elke ding op my rekenaar is, hoe om ons gewilde TV programme af te laai wat ons in die bed na kyk van die rekenaar aangesien ons al amper 2 jaar terug DSTV heeltemal afgesit het en ons nie na SABC of enige Suid Afrikaanse programme kyk nie want die wat nog in Afrikaans is hoort tuis by vroeër jare se mense in Pta wes waar 'n 5 liter kannietjie tassies hulle aktetas was.

    So ons is heeltemal reg om sonder die ander een te leef, maar ons weet waar elkeen heen sal gaan en kan nie wag om daar te kom nie, maar totdat daardie dag aanbreek sal ek aanhou om te doen wat die HERE se opdrag aan my was.

    Net nog so 'n ietsie by vir vandag.
    Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

  13. #13
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Ellisras, South Africa
    Posts
    132

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    Die verganklike is tog aan ons almal gegee om die onverganklike te be-erwe en dit is presies wat jy en Hettie doen.Geluk met julle huweliks herdenking mag julle nog lank vir mekaar gespaar bly hier op aarde.

    Groete!
    MARANA THA!

  14. #14
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Steynsburg, Eastern Cape
    Posts
    373
    Blog Entries
    12

    Re: Die kankerswaard oor my lewensdraad

    En so trek ons vandag by 23 jaar na my operasie, en leef ek nogsteeds. Baie werk gedoen die jaar aan skryf, maar dit hou my na aan die HERE en dan leer ek ook nog baie goed. So vir die wat dalk deur moeilike tye gaan, weet dat Hy altyd daar is vir jou en jou elke dag sal dra.

    Vir die wat nie my geskiedenis ken nie, lees maar waaroor dit gaan by http://louwrense.blogspot.com/2013/1...skiedenis.html en dan my laaste blog wat ek nou onlangs geplaas het by http://louwrense.blogspot.com/2018/0...stus-2018.html
    Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •