Results 1 to 6 of 6

Thread: Bevestig Lukas 15 die uitverkiesingsleer?

  1. #1
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    5,491

    Bevestig Lukas 15 die uitverkiesingsleer?

    By die lees van Lukas 15 die ander dag let ek vir die eerste keer op dat daar geen vermeerdering van getal plaasvind nie.

    Die herder het begin met 100 skape en op die end het hy steeds 100 skape.
    Die vrou het 10 muntstukke en na haar soektog het sy weer 10 muntstukke.
    Die vader het 2 seuns en na die terugkoms van sy jongste het hy weer 2 seuns.

    Dit het my laat dink dat dit God se genade en uitverkiesing bevestig.Hy weet wie syne is en indien hulle verlore is sal hy hulle gaan soek en vind. Dit wys ons nie op 'n uitbreiding van die trop/fonds/kinders nie deur die byvoeging van vrye wil nie, maar die instandhouding en bewaring van wat God s'n is soos Hy belowe het dat nie een verlore sal gaan nie.

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,573

    Re: Bevestig Lukas 15 die uitverkiesingsleer?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    By die lees van Lukas 15 die ander dag let ek vir die eerste keer op dat daar geen vermeerdering van getal plaasvind nie.

    Die herder het begin met 100 skape en op die end het hy steeds 100 skape.
    Die vrou het 10 muntstukke en na haar soektog het sy weer 10 muntstukke.
    Die vader het 2 seuns en na die terugkoms van sy jongste het hy weer 2 seuns.

    Dit het my laat dink dat dit God se genade en uitverkiesing bevestig.Hy weet wie syne is en indien hulle verlore is sal hy hulle gaan soek en vind. Dit wys ons nie op 'n uitbreiding van die trop/fonds/kinders nie deur die byvoeging van vrye wil nie, maar die instandhouding en bewaring van wat God s'n is soos Hy belowe het dat nie een verlore sal gaan nie.
    Ek dink dit doen Kalahari. Die Herder gaan soek self die verlore skaap en die verlore skaap soek nie die Herder nie...

    Hy het ons gekies, nie ons vir Hom nie...
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere



  3. #3
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    5,491

    Re: Bevestig Lukas 15 die uitverkiesingsleer?

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Ek dink dit doen Kalahari. Die Herder gaan soek self die verlore skaap en die verlore skaap soek nie die Herder nie...

    Hy het ons gekies, nie ons vir Hom nie...
    Dit bly vir my onverstaanbaar hoe iets so duidelik deur die mens verdraai kan word sodat die mens die eer kan ontvang.

  4. #4
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Steynsburg, Eastern Cape
    Posts
    372
    Blog Entries
    12

    Re: Bevestig Lukas 15 die uitverkiesingsleer?

    Al ooit gedink dat daar n alternatief is wat beide vry wil en uitverkiesing verkeerd bewys? Kom ek verwys gou na die gedeelte en dan n kort verduideliking.

    Maar Ek s julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wreld geoordeel is. Nog baie dinge het Ek om aan julle te s, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. (Joh 16:7-14)

    Hier vind ons die opdrag van die Heilige Gees, en dit is om alle mense te oortuig van sonde en van geregtigheid. So Hy sal my oortuig dat ek sondig is, en dan my ook wys hoe om in geregtigheid te lewe.

    So dit beteken dat na die Heilige Gees in my lewe begin werk het, daar vir my n keuse is wat ek moet maak, en dit is om of die HERE te volg en in geregtigheid te kan wandel, of om die werking te ignoreer en aan te gaan met my sondige lewe.

    So ek moet dit as n volwasse persoon doen, aangesien geen kind daardie besluit kan neem nie. Daaroor ook dat die HERE vir Moses s dat almal onder twintigjaar oud nie sal sterf in die woestyn nie, want hulle kon nog nie daardie keuse gemaak het nie.

    So sekere mense sal kies om die HERE te dien en gehoor te gee aan die Heilige Gees terwyl ander dit nie sal doen nie. Daaroor dat jy mense kry wat niks van die HERE geweet het nie wat spontaan tot bekering kom aangesien hulle die werking van die Heilige Gees aan gehoor gegee het.

    So kan ons kyk na Salomo wat verseker die HERE geken het maar tog later tempels vir elke vrou se god gebou het. Ek neem aan hy het die pad wat Esegil 18 vir ons verduidelik, gevolg.

    Daaroor dat Henog se skeppings verhaal verklaar dat 46 en Ek het hom Adam genoem, en aan hom die twee wee gewys, die lig en die duisternis en Ek het aan hom ges: 47 Dit is goed en dit is sleg, sodat Ek sou kon weet of hy my lief het, of haat, sodat dit duidelik sou wees wie in sy ras my lief het. 48 Want Ek het sy natuur gesien, maar hy het nie sy eie natuur gesien nie, en omrede hy nie gesien het nie, sou hy erger sondig, en Ek het ges: Na die sonde wat is daar behalwe die dood? 49 Ek het hom aan die slaap gemaak en hy het aan die slaap geraak. En Ek het van hom n ribbebeen geneem en vir hom n vrou gemaak, dat die dood na hom sou kom deur sy vrou, en Ek het sy laaste woord geneem en haar naam moeder genoem, dit wil s, Eva. Openbaring van Henog hoofstuk 11.

    So ek kan nie myself hor ag deur te s dat die HERE ondergeskik aan my keuse is nie aangesien almal op aarde die werking van die Heilige Gees in hul lewens gaan ervaar, maar ek moet besluit of ek gehoorsaam wil wees en doen wat die Heilige Gees my lei om te doen of nie. So neem dit ook die uitverkiesing weg aangesien die HERE my die keuse gee om Hom te dien of nie. En al het ek op 'n tyd die HERE gedien, kan ek nogsteeds my rug op Hom draai en verlore gaan.Daaroor dat die Bybel noem dat hy wat volhard tot die einde toe sal gered word. Dat Hy wel sekere mense gebruik vir sekere doelstellings wat Hy bepaal het is verseker. Maar Hy kan ook deur 'n ander persoon daardie werk doen indien ek dit nie wil doen nie.

    Dit is waar ek staan. Nie aan enige van die twee kante nie.
    Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

  5. #5
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    5,491

    Re: Bevestig Lukas 15 die uitverkiesingsleer?

    Dankie Louwrens vir die gedagte.

    Indien iemand glo in die uitverkiesing van God beteken dit nie dat mens nie glo dat jy 'n besluit moet maak nie. Jy moet 'n besluit maak. Dit is hier waar genade intree. Die enigste verskil tussen iemand wat die Here kies en een wat Hom nie kies nie is God se genade. Indien jy God se genade ontvang het sal jy Hom aanneem en kies. Indien nie sal jou sondige natuur jou weerhou om Hom aan te neem.

    Dit is in kort my verstaan.

    Groete
    Kalahari

  6. #6
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,573

    Re: Bevestig Lukas 15 die uitverkiesingsleer?

    In my verstaan, sal die Here wat jou reeds ken van die grondlegging van die wreld af (Rom 8:29) en ook die wat se name van die grondlegging nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie (Open 13:8), daarvolgens hanteer.

    My eie getuienis en vele getuienisse waarvan ek weet, sien mens hoe die Here se wil net eenvoudig nie weerstaan kan word nie. As jy Syne is, sal Hy weet hoe om 'n harde neut te kraak, al is daai neut hoe hard. Ek moes sien hoe vele mense net rustig aangaan in hul lewens, in die tyd wat die Here met my gal gewerk het, voor ek Hom ontmoet het.

    Hy het my in 'n visioen 'n donker gat gewys op nommer 99. Daai gat het my verlorenheid aan my gewys op 'n geweldige skaal en niks sou my keer om my hande na bo te gooi en uit te roep, "red my Jesus!" nie. Mens sien hierdie getuienisse met Moslems byvoorbeeld, waar Jesus uitverkiesdes in hul drome ontmoet. Hy doen dit nie met al die Moslems nie, net met hulle wat uitverkies is.

    Tog werk die Here so, dat alles uitloop op 'n keuse en dat ons 'n keuse maak, kan niemand ontken nie. Dis egter hoe mens verordineer word in hierdie roeping, wat die keuse bewerk. Iemand wat noodgedwonge 'n keuse moet maak in hul lewe oor 'n Maatskappy waarvoor jy werk wat bankrot gaan, het nie self hierdie keuse bewerk nie, maar omstandighede buite so mens se beheer het die keuse forseer. Redding werk nie anders nie...

    Daar is mense wat net nooit by Maatskappye werk wat bankrot gaan nie en so leef hul 'n lewe sonder veel beproewing. Ons sien dit in die wreld waarin ons leef..., so sien ons dit in God se wreld ook...
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere



Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bespreking Wat was die doel van die swaard in Lukas se Evangelie??
    By Ta-An in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 4
    Last Post: Mar 16th 2012, 09:04 AM
  2. Uitverkiesingsleer
    By Phil Fourie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 117
    Last Post: Dec 15th 2010, 07:32 AM
  3. Bespreking Lukas 4:2..... Wie kan my met die Grieks help asseblief??
    By Ta-An in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 8
    Last Post: Dec 22nd 2008, 04:52 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •