Page 2 of 3 FirstFirst 123 LastLast
Results 16 to 30 of 36

Thread: Gedigte: Getuig met jou eie Gedigte

  1. #16
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Dis WONDERLIK as familie aansluit om so ook deur die digkuns lof en eer aan ons Koning te bring! Ek werk nog aan my Hubby om ook aan te sluit ,moontlik met Karoobos??? as forumnaam .... om by Protea te pas...

  2. #17
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Western Cape
    Posts
    15

    Hug Baie dankie...

    Baie dankie Protea ek waardeer jou kommentaar opreg...en kom ek se jou dit is my boetie wat my so geweldig inspireer... met die genade van Bo. En dankie Ferdi jy is 'n broer duisend!!!!

  3. #18
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Western Cape
    Posts
    15

    Kromrug lewe

    Die klokkespel
    van jou hart
    gestop soos
    di van Notre dam
    boggelrug voel jy
    in hartseer vasgevang.

    Jy hoor klokke,
    (nie jou eie hart)
    binneste gebeier van
    nog n Bultenaar
    om te deel
    in jou smart.

    Hoor jou hartas God klop.

  4. #19
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Western Cape
    Posts
    15

    Kleinood

    Wanneer die oranje bal
    met gemengde soel kleure
    sy laaste oogknip gee
    en agter die groot dam
    se lyn verdwyn,
    l daar een ry voetspore
    gets op sand
    waar watertonge
    reeds gelek het.

    Die mooiste skulpjuweel
    is nie meer deel
    van die pastel tableau
    op die sagte strand
    se skilderdoek nie
    dit is nou in God se Hand.

    (Wanneer God 'n geliefde kom haal)

  5. #20
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Western Cape
    Posts
    15

    Geblikte soeweniers van die ondankbare mens...

    Hierdie dag het Ek
    die hemel, land en see
    net vir jou gegee.

    Aan jou geskenk My kind.
    Vir geen ander sterfling
    sal Ek die wreld preserveer
    en bewaar vir duisend jaar.

    More draai Ek tyd terug,
    memoires sal jy h
    van gebottelde see,
    vakuum verpakte strand
    en geblikte hemellug...

    maar My hart wil breek,
    weereens gooi jy, mensekind,
    jou lewe
    in My gesig terug!!!

  6. #21
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Western Cape
    Posts
    15

    God se Liefde en Teerheid kom soms saam n Seerheid.

    Hier waar branders breek
    op rustelose rotse -
    en ewigdurende
    standbeelde vernietig,
    skeur helder lig deur
    wat rooskleurig vertoon
    teen die horison.

    See sirkels krimp
    en maak water botsels
    op die rant van my siel
    tot net een druppel
    klankloos,
    galoppend
    verdwyn
    niksseggend
    verewig.

    Helder roos
    breek in kleur deur skuim,
    magnetiese
    korstondige
    bloeiende dood
    verdwyn.

    God, ek & Liefde, saam bekragtig ons klankloosheid
    terwyl die see sy ewigdurende standbeelde vernietig.
    Torings stort ineen met wilde spoed en blanko wit skuim
    wat in kontras met die swart van die nag verdwyn.

    In die binding van verborgenheid,
    verwek dit tog weer opnuut ewige “seerheid”.
    Maar in die wewing van die onsigbare stof van
    gallopende water en onophoudelike goue sand
    skep God nogsteeds die "permanentste" teerheid.

    ("Seerheid" en "permanentste" is seker nie erkende Afrikaanse woorde nie, maar in 'n gedig is mens mos maar vry om "nuwe" woorde te skep)
    Last edited by Karen1; Jun 8th 2009 at 07:36 PM. Reason: Spacing

  7. #22
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149

    Aanbiddingslied

    Hierdie is nie 'n 'gedig' wat aan enige reels voldoen nie, maar is net 'n aanbiddingslied wat tydens 'n retreatkamp by Good Shepherd Retreat in Pretoria in my hart opgeborrel het.

    Die bepeinsing van
    hierdie naweek
    tevergeefs sou dit wees
    as U daar geen behae
    in kon vind.

    Ek is egter aan U verbind
    met onverganklike band
    en die kosbare pand
    van ewige trou het U-self
    voorsien
    aan die kruis vir straf wat ek
    verdien.

    Nou as stofmens is ek
    waardig geag te wees
    die bruid van die Lam
    en trek ek aan die
    lieflike kleed
    in die hemel geweef.

    Heerlik kosbaar die wete:
    U bloed het my
    hierin
    geklee en mag ek nou
    ingaan en ewiglik
    maaltyd hou met U
    my Here en my God.

    In onvolmaakte mensetaal
    bring ek my liefde vir U.

    Kon ek tog maar dig,
    kon ek tog maar sing,
    swygend sou die skepping
    luister.
    My dankbaarheid, lofsang
    en vrede in en vir U
    onbeskryflik groot.

  8. #23
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Mia, dis pragtig! Soos met enige digkuns leer ken mens die digter se hart deur sy digkuns en dis hoekom ons so lief is vir jou!

  9. #24
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,317
    Blog Entries
    7
    Magtig ek kom hopeloos te min hier. Dankie CFJ vir die opening van hierdie draad, daar is beslis talentvolle skrywers hier onder ons.

    Hoop om spoedig 'n paar plasings te maak!
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  10. #25
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Quote Originally Posted by Gideon88 View Post
    Sedert my jong dae had ek 'n besondere deernis vir bejaardes. Ek het die onderstaande in 1977 geskryf en dit het in verskillende publikasies verskyn - o.a. in die digbundel "Vensters van die Hart". Ek het al verskillende variasies daarvan onder o gehad.

    (Dit is net ter verduideliking in geval ek verdink word van plagiaat.)
    Gideon, die sny tot binne mens. Sal jy omgee as mens die per e-pos versprei vir ons jongeres wat ouer mense het wat begin sukkel met die skete?
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  11. #26
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,317
    Blog Entries
    7

    Ek het vandag met God gepraat!

    Vandag het ek met God gepraat
    Hierdie woorde het Hy te se gehad:

    My kind, waar was jy? Ek poog al so lank om jou te bereik.
    Soveel maal het ek probeer om my liefde aan jou te toon, jou te druk, jou vas te hou en vir jou om te gee. Maar jy het my aanhoudend weg gestoot.
    Nie vandag nie Heer, sou jy se, laat my toe om dinge vir nog so n rukkie op my manier te doen.
    Daarom het ek aanbeweeg na n volgende, wat beried was om My te ontvang.
    Dit skeur My hart om jou in soveel pyn en ellende te sien. Ek wil jou help, en gehoop vir die dag wat jy My sal inlaat. My sal toelaat om jou te vertroos, vas te hou en lief te he.

    Vader, waar is U?

    Ek is nog altyd hier, my kind
    Vader, ek is reg, ek het genoeg gehad om dinge my manier te doen. Genoeg seer, genoeg ellende, genoeg pyn en genoeg vrese het ek ervaar.
    Vader, ek is reg om U liefde te ontvang. Ek is reg vir U vertroosting.
    Vader.., sal U my vashou?
    Maar natuurlik, ek was nog altyd hier vir jou. Ek het gewag en gehoop vir die dag wat jy My sou aanroep. Nog nooit het Ek jou laat gaan of op jou opgegee nie, My kind.
    Jy sien my liefde is konstant, My liefde vir jou is vir altyd.
    Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Wees nie bevrees nie, wanneer jy My aanroep, sal Ek altyd hier wees vir jou.

    Met hierdie woorde het God se hand my hart aangeraak.
    Ek kon die liefde, blydskap, vreugde en vrede ervaar. God se Gees het my hart gevul, my beker laat oorloop.
    Dankie Vader, ek is hier om U wil te doen vir die res van my lewe.
    Wys aan my Heer, wat U wil he ek moet doen.
    Ek het U lief Vader met my hele wese. Ek honger na U met my hele hart en hele siel. Met my hele lewe wil Ek U eer.

    Met teerheid het God my in Sy arms omvou. n Glimlag het deurgebreuk op Sy gesig. Was dit n traan wat oor Sy wange rol. Ja, n traan was dit beslis. n Traan van blydskap, want een van Sy kinders is weer terug!
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  12. #27
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,317
    Blog Entries
    7

    Moederliefde........

    Moederliefde.................

    Moeder, vroeg in my lewe het ek jou as kind verloor
    Die seer en die leemte kon nie my hart verbind
    God het die gemis verstaan en my hart kom bekoor
    n Spesiale mensie toeglaat om weer moederliefde te vind

    Dis haar hoopvolle drukkies wat soveel trane afkeer
    Deur hartseer en leed is sy daar om my by te staan
    In gebed dra sy my op aan ons Liewe Heer
    Selfs wanneer verkeerd, is daar nooit n woord van blaam

    Meer werd is sy as goud en diamante wat blink
    Deur haar voorbeeld kan ek in haar voetspore trap
    Haar lewe weerspieel God, as haar Middelpunt
    Dankbaar is ek dat sy die pad saam met my stap.

    Soos haar eie dogter wil sy my net die beste gee
    In haar teenwoordigheid is daar vrede en gemoedsrus te vind
    Deur haar leiding word ek daagliks van Jesus geleer
    Soms voel ek soos haar eie biologiese kind

    Vandag wil ek vir haar uit dankbaarheid se
    Elke dag vir haar die mooiste blomme bring
    Dankie vir jou moederliefde wat slegs n kind kan he
    Vir al jou tyd en omgee wat my hart weer laat sing.
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  13. #28
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,317
    Blog Entries
    7

    Moederliefde........

    Moederliefde..........

  14. #29
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Die tuiskoms van een van God se prinsesse!

    Quote Originally Posted by MercyChild View Post
    Vandag het ek met God gepraat
    Hierdie woorde het Hy te se gehad:

    My kind, waar was jy? Ek poog al so lank om jou te bereik.
    Soveel maal het ek probeer om my liefde aan jou te toon, jou te druk, jou vas te hou en vir jou om te gee. Maar jy het my aanhoudend weg gestoot.
    Nie vandag nie Heer, sou jy se, laat my toe om dinge vir nog so n rukkie op my manier te doen.
    Daarom het ek aanbeweeg na n volgende, wat beried was om My te ontvang.
    Dit skeur My hart om jou in soveel pyn en ellende te sien. Ek wil jou help, en gehoop vir die dag wat jy My sal inlaat. My sal toelaat om jou te vertroos, vas te hou en lief te he.

    Vader, waar is U?

    Ek is nog altyd hier, my kind
    Vader, ek is reg, ek het genoeg gehad om dinge my manier te doen. Genoeg seer, genoeg ellende, genoeg pyn en genoeg vrese het ek ervaar.
    Vader, ek is reg om U liefde te ontvang. Ek is reg vir U vertroosting.
    Vader.., sal U my vashou?
    Maar natuurlik, ek was nog altyd hier vir jou. Ek het gewag en gehoop vir die dag wat jy My sou aanroep. Nog nooit het Ek jou laat gaan of op jou opgegee nie, My kind.
    Jy sien my liefde is konstant, My liefde vir jou is vir altyd.
    Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Wees nie bevrees nie, wanneer jy My aanroep, sal Ek altyd hier wees vir jou.

    Met hierdie woorde het God se hand my hart aangeraak.
    Ek kon die liefde, blydskap, vreugde en vrede ervaar. God se Gees het my hart gevul, my beker laat oorloop.
    Dankie Vader, ek is hier om U wil te doen vir die res van my lewe.
    Wys aan my Heer, wat U wil he ek moet doen.
    Ek het U lief Vader met my hele wese. Ek honger na U met my hele hart en hele siel. Met my hele lewe wil Ek U eer.

    Met teerheid het God my in Sy arms omvou. n Glimlag het deurgebreuk op Sy gesig. Was dit n traan wat oor Sy wange rol. Ja, n traan was dit beslis. n Traan van blydskap, want een van Sy kinders is weer terug!
    Mercy Child! Ek huil en lag nou letterlik deurmekaar na die lees van hierdie pragtige getuienis. n Dogter van die Allerhoogste het tuisgekom! Sy is uiteindelik tuis by haar Vader wat SO lankal vir haar wag en SO na haar verlang het. Mag Hy die res van jou lewe DAAR wees vir jou sodat Sy Gees jou kan lei , kan vertroos , kan leer en jou bystaan in jou droefheid. Maar mag jy ook vele kere voor jou Hemelse Vader se troon gaan dans in jou blydskap en Hom alleen al die eer gee vir Sy onuitspraaklike genade aan ons as sondaars. Ons is SO lief vir jou!

  15. #30
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by protea View Post
    Maar mag jy ook vele kere voor jou Hemelse Vader se troon gaan dans in jou blydskap en Hom alleen al die eer gee vir Sy onuitspraaklike genade aan ons as sondaars.
    En sy doen!! Sy dans vir Hom
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Gedigte: Almal is eintlik Hartseer
    By CFJ in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 41
    Last Post: Aug 29th 2016, 09:50 AM
  2. Wat is belangrik, as mens vir Jesus getuig?
    By CFJ in forum Alles en nog wat
    Replies: 6
    Last Post: Jun 13th 2009, 10:54 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •