Page 2 of 47 FirstFirst 12345678910111213 ... LastLast
Results 16 to 30 of 691

Thread: Nuwe lede, stel jouself voor

  1. #16
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Dankie, ek hoop ook so

  2. #17
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,415
    Blog Entries
    10
    Hi Phil, Welkom hierso by ons
    Is dit al lekker warm in die Limpopo??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  3. #18
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by ACCM View Post
    Hi Phil, Welkom hierso by ons
    Is dit al lekker warm in die Limpopo??
    Dit begin nou warm word, die dag is warm, maar die aande en vroegoggende is maar nog koel.

    Dankie vir die verwelkoming

    Groete
    PFM

  4. #19
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Newcastle Natal
    Posts
    3
    H'lo julle.

    Ek is bly om saam met kinders van die Here te wees.

    Dit is my eerste dag hier en as dit van my afhang het ek gekom om te bly.
    Dankie Ferdi vir die verwysing.


  5. #20
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by Lewies View Post
    H'lo julle.

    Ek is bly om saam met kinders van die Here te wees.

    Dit is my eerste dag hier en as dit van my afhang het ek gekom om te bly.
    Dankie Ferdi vir die verwysing.
    Dit lyk my Ferdi is 'n baie goeie verkoopsagent, hy het my ook in die strik gevang

    Baie welkom Lewies, ek is ook maar nuut hier, maar ek is bly jy is hier en hoop om nog baie lekker met jou saam te gesels.

    maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judťa en SamarŪa en tot aan die uiterste van die aarde.
    Hand 1:8 (33/53 AV)


    Groete en baie seŽn
    Phil

  6. #21
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Newcastle Natal
    Posts
    3
    Dankie Phil.

    Ek dink daar is heelwat om oor te gesels, ja.
    Geniet jou Koedoebiltong daar in die Bosveld. Oor 'n maand gaan ek ook daar in die Baltimore omgewing 'n draai gooi. Jiep!

  7. #22
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by Lewies View Post
    Dankie Phil.

    Ek dink daar is heelwat om oor te gesels, ja.
    Geniet jou Koedoebiltong daar in die Bosveld. Oor 'n maand gaan ek ook daar in die Baltimore omgewing 'n draai gooi. Jiep!
    Baie nice, jy is altyd welkom om 'n draai te gooi hier by my, ek is hier in Pietersburg, nou nie naby aan Baltimore nie, maar dis ok nie so ver nie.

    Anywhay, dit is vir jou 'n ope uitnodiging

  8. #23
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,415
    Blog Entries
    10
    Welkom Lewies
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  9. #24
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628
    Quote Originally Posted by Lewies View Post
    H'lo julle.

    Ek is bly om saam met kinders van die Here te wees.

    Dit is my eerste dag hier en as dit van my afhang het ek gekom om te bly.
    Dankie Ferdi vir die verwysing.
    Baie welkom Lewies! Dankie veral vir die gedig wat jy geplaas het, ek het al begin eensaam voel daar en dit is lekker om te sien iemand skryf ook gedigte. Gewoonlik stry die mense nie so baie oor gedigte soos oor die ander onderwerpe nie
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  10. #25
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,415
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by ChildofJesus View Post
    Goeie dag aan almal
    Welkom aan jou van 'n mede Gautenger
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  11. #26
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria, South Africa
    Posts
    16
    Goeienaand almal. Dankie vir die uitnodiging Ferdi.
    Ek is woonagtig te Pretoria, is gelukkig getroud met 2 pragtige seuns.

    Ek het Jesus aangeneem as my Verlosser in 1980. Wat besonders was aan hierdie ervaring is dat Jesus met my persoonlik gepraat het in 'n droom. Dit sal my bybly tot die dag van my dood.

    Ek glo ons gaan nog lekker kuier want Jesus is my passie! en ek glo vir julle ook

  12. #27
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by EngelHart View Post
    Ek glo ons gaan nog lekker kuier want Jesus is my passie! en ek glo vir julle ook
    Absoluut, baie welkom

  13. #28
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628
    Dankie EngelHart, jy is meer as welkom en ek hoop dat jy net so geseŽn sal word hier, soos baie ander al geseŽn was. Sien jou op die kampus!

    Hehehe... ek dink nou daaraan, baie van ons het seker nooit die geleentheid gehad om na skool te gaan studeer nie, hier is nou elkeen se kans, vir die wat dit weer wil doen, die wat dit nog nooit gedoen het nie en ook vir die wat die eerste keer nie so goed gevaar het nie...
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  14. #29

    Om myself voor te stel

    Wel sedert ek by die forum angesluit het is dit seker al die vierde of vyfde keer wat ek hier kom draai maak om myself voor te stel.

    Ek weet net eenvoudig nie wat om van myself te se nie...ek sou eerder soos Paulus wou kon se dat ek van dag tot dag sterwe sodat Christus in my kan lewe want eintlik is ek minder as niemand nie, maar Hy wat in my woon, Hom van Wie ek getuig, Hy wat my bekwaam gemaak het om hier te mag deelneem....mag dit so wees dat julle Hom in my sal sien. Ongelukkig sterf ek nie heeltemal soos Paulus nie en dan sal julle dalkies die onaagename ware ek ook sien.

    Maar, om myself op te som, ek spel vreeslik sleg, is nie goed met tale en woorde nie, ek HAAT godsdienstigheid of godsdiens...die Here wat alles gemaak het en in stand hou deur die Woord van Sy krag het geen mens se dienste nodig nie....daarom het Hy hulle heel laaste gemaak en die vrou is selfs na die mens Adam gemaak sodat daar geen misvestand kan wees nie.

    Terwyl ons nou in die Genesis omgewing van die skrif is, ons mense is ook nie beeld draers van God nie...Adam was dit op die dag toe God hom gemaak het....maar na sy wedergeboorte uit die lewe in die dood in, duidelik nie meer na die beeld van God geskape nie. ( Gen. 5:1 en 3 ) So, moet dus nie die beeld van God in my soek nie of my verwyt omdat ek nie meer soos Hy lyk nie.....Hy is sedert my wedergeboorte op 16/12/1984 besig om my te her-skep terug na Sy ewebeeld toe....en Sy tyd is Sy tyd.

    Vrede vir julle almal, nie vrede soos die wereld se vrede wens ek julle toe nie, want hier sal daar nooit weer vrede wees nie, want daar was sedert Genesis 3:6 nog nooit....Sy vrede wens ek julle toe en mag Sy vrede in julle harte heers en so bewerkstellig dat julle almal binne Sy volmaakte wil sal wandel! Amen!

  15. #30
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Hi almal

    Ek is sedert 4 Junie 1994 'n wedergebore kind van die Here met 'n duidelike roeping en 'n passie om siele vir God se Koninkryk te wen. (Terloops, ek glo dat ELKE christen daardie roeping het en dat dit die grootste enkele rede is waarom ons op aarde leef.)

    Ek woon al 27 jaar in Lichtenburg, in die ou Wes-Transvaal, gelukkig getroud met een kind. Ek glo dat kontak met boeties en sussies in die Here noodsaaklik is vir enige kind van die Here om staande te bly, en om geestelik te groei. Dis die hoofrede waarom ek by hierdie forum, waarvan ek onlangs eers gehoor het, aangesluit het.

    EK het grootgeword in die era voor rekenaars, en dus is die elektroniese media vir my nog 'n redelik onbekende veld. Ek is nog lekker dom, maar ek leer elke dag, en is baie opgewonde oor die moontlikhede wat lidmaatskap aan hierdie forum inhou. Ek sien baie uit daarna om julle hier te ontmoet en saam te gesels oor dinge wat saak maak.

    Groetnis!

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •